AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
(Alle materiaal wat op Roekeloos.co.za verskyn moet slegs op sigwaarde aanvaar word. Daar word geen waarborg gegee of geimpliseer oor die korrektheid van die inligting nie.) Hierdie afdeling se inhoud verskuif binnekort na Seks 101Vrae en opmerkings kan HIER vir Marthie gestuur word. Alle korrespondensie sal as vertroulik hanteer word. Vrae sal egter NET in Marthie se afdeling beantwoord word. Lesers moet asseblief geduldig wees. Die afdeling is uitsluitlik bedoel vir die uitruil van inligting ter wille van beter volwasse seksuele opvoeding en / of hulp. Jaloesie******* **** skryf: "Ek en my vriend gaan nou al 10 maande uit, ek en hy is al 10 jaar lank werkskollegas. Hy is my vriend en het alles met my gedeel oor sy vorige meise waarby hy een seun het, sy het uit n vorige verhouding n dogtertjie. Ek het geen kinders nie. Ek raak baie gou jaloers as ek sien hy bel haar familie of as hy 'n ander vrou te veel aandag gee of grappies maak. Hy het altyd met my sulke grappies gemaak en nou voel ek net dat hy my sal verneuk want hy het altyd met my so gepraat en grappies gemaak toe ons net vriende was. Ek is baie lief vir hom. Die kinders is by ons in die week en naweke gaan hulle na haar toe, maar dit voel of ek so misbriuk word. Ons het n wonderlike seks lewe en na n rusie is dit meer opwinding as ooit. Ek raak so jaloers as sy hom bel oor die kinders in die week sy bel nie eskuus sy gee hom n please call me. Hy sal alles los en haar binne n sekond bel. Ek het al hoeveel keer vir hom gevra hoekom hy so na haar pype dans, sy antwoord is net sorry ek het dit nie so bedoel nie. Ons werk saam en dit maak dit vir my moeilik om te sien hoe die dames altyd sy aandag soek, en partykeer dink ek hy geniet dit. Ons het al hewige rusies hieroor gehad. Die een vrou by ons werk vat alewig aan hom as sy met hom praat, aan sy skouer of sy gaan staan regaan hom en praat en dit maak my kwaad. Sy het byvoorbeeld by ons werksete heel gerus gesit en nie baie gepraat met die res van ons nie, maar toe die mans instap is sy so happy dis net nie die waarheid nie. Al die mans gaan staan buite en toe ek uit loop waar sal sy nie staan reg langs hom met haar arms so uitgestrek langs hom op die paal. Ek dink ek is net kwaad omrede hy dit nie stop nie nadat ek hom soveel keer al vertel het wat sy doen en ek ken haar tipe ek het dit al baie gesien waar ons werk.Ons sal dan vir dae nie praat nie en dan sal een van ons ingee en dan sal hy se hys jammer en dat hy daarna sal oplet. Hy het ook al vir ons werkskollegas gese dat ek jaloers is op haar en dat ek hom beskuldig, nou dink almal ek is die malletjie in die verhouding.Daar is so baie wat ek vir hom doen. Daar was niks in die huis nie ek het dit gemaak wat dit vandag is die kinders het nie eers n bed gehad om op te slaap nie ek het daai huis gemaak wat dit vandag is. Is ek jaloers of moet ek hom spasie gee?Sy eks meisie is so tese n alkolis ek het vir hom gese dat daar nie sal drank wees by ons huis nie, en sover het hy dit nagekom maar sal nie twee keer dink op n dop te gaan drink nie. Ek is moeg ek het nog nie n behoorlike vakansie gehad nie want as sy die naweek besluit om te drink moet ek na kinders kyk en alles doen en dan gaan hy nog op sy bike rides en ek kiepie is weer opgesaal met die kinders. Help." Antwoord: Hierdie aanhaling uit 'n antwoord elders op die blad som dit mooi op: "´n Klein (baie klein) hoeveelheid jaloesie kan baie help om die vuur in ´n verhouding te laat brand, maar net so maklik kan te veel daarvan enige verhouding blus." Baby Blue Eyes skryf: Ben: Mekaar vertrou wil ek sê, maar dan is dit makliker gesê as gedoen. So koop vir julle 'n groot sak geduld, 'n hoop papier en probeer die volgende oefening (nie wanneer jy onlangs jaloers was nie): Gaan spreek ´n professionele persoon indien julle enigsins voel julle kan nie die probleem oplos nie. A***** skryf: Ben: Daar is al soveel oor jaloesie geskryf. Is dit reg of verkeerd en wanneer het mens rede? Ek kan nie sê ek het die antwoord nie, maar hier is wat ek dink: ´n Klein (baie klein) hoeveelheid jaloesie kan baie help om die vuur in ´n verhouding te laat brand, maar net so maklik kan te veel daarvan enige verhouding blus. Die jaloerse gade is niks nuuts nie. Sommige beweer dit is bloot ´n geval van ´n swak selfbeeld, terwyl Sigmund Freud wou hê dat dit spruit uit latente homoseksualiteit. Sielkundiges sien dit soms as ´n tipe paranoia. Indien jou man niks kan doen wat die teendeel bewys nie of as jy uiters drastiese stappe neem weens jou jaloesie sou ek dink dit is redelik om te verwag dat jy by ´n professionele persoon gaan aanklop vir hulp. | ||