// Spreekwoorde en gesegdes


Nou ook op Facebook by facebook.com/aweregs

Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes en ander sêgoed.


Dis nou druiwe na die Boland stuur. (dis oorbodig)

Hy het die druiwekar gery. (hy is dronk)

Skaars uit die dop wees. (jonk en onervare wees)

Sy doopseel lig. (sy verlede openbaar)

Die doodskleed het geen sakke nie. (jou besittings beteken niks na jou dood nie)

So skaars soos ‘n tweedehandse doodkis.

Net goed wees om die dood te gaan haal. (as jy baie stadig is)

Donkie vasmaak. (vry)

Van ’n donkie kan jy ’n skop verwag. (van ’n onbeskofte persoon kan jy slegte behandeling verwag)

In die donker is alle katte grou. (in die donker is daar nie ‘n verskil tussen mooi en lelike meisies nie)

So bang soos ‘n Bolander vir donderweer.

Ek is in die dolliwarie. (opgewek en vrolik)

Sagte dokters maak stinkende wonde. (halwe maatreëls doen meer kwaad as goed)

As dikmelk kaas geword het. (As mense suksesvol raak, word hulle dikwels verwaand.)

Klein diewe het ysterkettings, groot diewe goue kettings. (Klein skelms word gevang, terwyl groot skelms wegkom.)

Daar is ‘n dief aan die kers. (wanneer ‘n kers drup)

Derdemannetjie speel. (’n verliefde paar pla deur jou teenwoordigheid)

Dassie het ‘n stert gekry. (Vir mense wat hulle skielik hoogmoedig gedra.)

Daar is te veel dak op die huis. (daar is mense wat ons afluister)

Die dans vryspring. (gevaar ontkom)

Nou gaan die poppe dans. (nou is daar moeilikheid)

Op iemand se dak afklim. (iemand erg berispe)

Dis nie ‘n pyp dagga werd nie. (dis niks werd nie)

Tot by oom Daantjie in die kalwerhok. (so ver moontlik)

In die sand byt. (sneuwel)

Tussen die bye, maar nog nie by die koekie nie. (amper, maar nog nie)

So tussen die by en die koek. (nie te sleg nie)

Die by wat die lekker heuning maak, steek seer. (dis die mooi meisies wat die moeilikste is)

Met broek en baadjie (met skil en al).

Dit is net ‘n brekfis. (dit is net ‘n kleinigheid)

Hulle breek nie brandhout van dieselfde tak nie. (hulle verdra nie mekaar nie)

Brandewyn raas as dit uit die vat uit kom. (dronk mense is luidrugtig)

Brandewyn en vroueraad is goeie dinge, maar jy moet dit bietjies-bietjies gebruik. (matigheid in alles)

Die botter het alleen geslaap. (die botter is baie hard)

Die boog kan nie altyd gespan wees nie. (mens kan nie altyd besig wees nie)

Sy bont varkie is weg. (hy is mal)

Hy is bekend as die bont hond. (het ‘n swak reputasie)

Hy staan op die dak. (wanneer iemand persoonlijke inligting uitbasuin) – ingestuur deur June Edwards

Bokwagter word. (oujongnooi word)

Op die bokwa wees. (aan die verkiesing deelneem)

‘n Mens kan met ‘n bokwa en ‘n lang span osse daarin draai. (dis baie groot)

Bokveld toe gaan. (Dood gaan.)

Hy kan ‘n bokkom braai. (Hy is baie bekwaam.)

Ou bokke pluk die hoogste doringpeule. (Ou mans oortref dikwels die jongeres.)

‘n Ou bok lus ook nog ‘n groen blaartjie.

Maer bokke dip. (kinders pakgee)

So bang soos ‘n bok vir ‘n skoot hael.

Waar die boer nie is nie, word sy baard nie geskeer nie. (die eienaar moet vir sy eie sake sorg, anders word dit verwaarloos)

Dié naweek drink ons tot die bodem! (drink alles)

Bobbejaanstuipe kry. (baie kwaad word)

Jou brandewyn bloots drink. (sonder om dit te meng met iets)

Bitter in die mond maak die hart gesond. (slegte medisyne is goed vir jou)

Hy leef op sy binnevet. (leef op sy kapitaal)

Sy binneleisel is te kort. (hy is skeel)

Hy dink hy kan biltong saamneem. (geheg aan aardse goed)

Jou biesiepol! (uitroep van bewondering)

Hoe bewierook hy nou sy baas. (lof toeswaai)

Onder die besemstok staan. (deur die vrou regeer word)

Die verste berge is altyd die blouste. (onbereikbare dinge lyk altyd aantreklik)

Die berg het ‘n muis gebaar. (iets groots verwag, maar iets klein het gebeur)

Berg toe gaan. (‘n baba ryker word)

Te laat vir sy eie begrafnis wees. (Baie stadig wees.)

Die beeste het in die brand geloop. (Daar is nie melk vir die koffie nie.)

Moenie die beer se vel verkoop, voordat hy geskiet is nie. (Don’t count your chickens before they are hatched.)

Vroeg uit die bed, maak die beursie vet!

Toe maar, môre bak ma koekies. (sê dit vir kinders wat aanhou neul oor iets wat hulle wil hê)

Sit die babatjie op iemand anders se drumpel. (iemand anders vir moeilikheid blameer)

Iemand sal die babatjie moet vashou. (iemand sal die verantwoordelikheid moet dra)

Bietjie baard maar klipsteenhard. (geslepe en ervare)

Jy moet onder sy arm gaan ruik. (erken dat hy jou meerdere is)

Apie kyk vir kerriekos! (wat jy sê as jy iemand uitoorlê)

‘n Man van twaalf ambagte en dertien ongelukke. (Hy kan niks behoorlik doen nie.)

Hy druk almanakke. (Hy lieg.)

Allemansvriend is niemandsvriend. (Almal wat almal se vriend wil wees word dikwels geminag) http://goo.gl/SddnQ

Jou akker sal kraak. (Jy sal swaar kry)

Gou op sy agterpote wees. (gou kwaad word)

Nuuskierige agies hoort in die wolwehok! (vir iemand wat nuuskierig is)

Ek gaan bietjie by haar afsaal. (bietjie vry)

Iemand afpoeier. (‘n pak slae gee)

Dit afklink. (sake met ‘n drankie finaliseer)

Iemand afkam. (kleineer)

Hy is op die afdraand met sy briek los. (het baie skuld wat sy ondergang gaan beteken)

Jy is nou by die verkeerde adres. (nie by die regte persoon nie)

As jy aas roer, stink dit. (moenie jou met onsmaaklike sake bemoei nie)

Waar aas is, vergader die arende. (mense gaan altyd iewers waar hulle iets kan kry)

Die aarde is toe te koud vir hom om op te trap. (niks is goed genoeg vir hom nie).

Dit weet die aap se stert. (almal weet dit)

Lyk of hy van die ape gekul is. (hy lyk betreurd)

Die bottel goed aanspreek. (verslaaf wees aan drank)

Hy het hier aangewaai gekom. (onverwags opgedaag)

Politici loop almal met twee aangesigte (is vals)

Hy loop aandklas. (kuier saans by ‘n meisie)

Moenie al die aanbrandsel uit jou pot krap nie. (moenie al jou middele gebruik nie)

Met ‘n aalwynpil in jou kies loop. (met ‘n suur gesig loop)

Vir ‘n man horings opsit. (hom met sy vrou verneuk)

Hy het al weer aalwyn getap. (is in ‘n slegte bui)

Sê groete aan die vrate. (sê dit vir iemand wat hou van eet)

Hy groei deur sy hare. (word bles)

As jou pad deur die kantvoorspelers versper word, gebruik jy die geweldbreek. – Danie Craven

Soms is die lewe soos n kakkerlak … meer k@k as luck!

Sy trek holrug. (gril)

Klim uit die streskas! (ontspan)

Sy hou van haar stembande om my ore rek. (sy hou van kla)

Dit sal my laat ystervarke vang. (kwaad maak)

Spin jy jou driewiel (gooi ‘n vloermoer).

Sou daar ‘n weersien wees, of is ons verdoem tot verpulwerde deeltjies van eens warm vlees.

Pasop vir my groottoon, hy hou van stamp.

Nooit gedink my blindederm sal lank genoeg wees nie. (ek sal die guts hê nie)

Hy is meer verward as ‘n bergie onder huisarres.

Wat laat oom Japie weer die grootsê so hoog uit die takke haal? (onnodig groot woorde gebruik)

Dis asof die lank-rek van die laaste noot die kraai laat lekkerkry.

Hier kom nou weer baie loopneusdae meneer. (koue dae, uit Worcester se omgewing)

Hy moet nie met sy rondloperhondmaniere hier kom kuier nie.

Die Stormers moet nou opstaan uit daai lamrugby-groef waarin hulle verval het.

Sy het so ‘n broeishennetjie-manier van aanlê by die seuns, draai al om hulle.

Die baas knor weer vanmôre soos ‘n muishond met ‘n seer bal.

Hy het kaplaks van die stoel af geval.

Hy’t sommer so sjierts by ons verbygejaag.

Hie vlie woerts om die hoekie.

Die sweep swiep deur die lug. (uit Ladismith se omgewing)

“Die koringkorrels sjor op die dorsvloer neer.” – Boerneef, Boplaas

Hy kedoem sy kitaar so nou en dan.

“Hy tweng-tweng en pang-pang aan die snare.” – Boerneef, Boplaas

“Dis jy wat met haar getjoing-tjoing het en nie ek nie.” – Mikro, Gonnakolk

“Pluk so ‘n spierwit dingetjie uit haar handsak en paf-paf op haar neus.” – CM van den Heever, Langs die Grootpad

Die blerrie tweegesig blaf met die honde en huil met die wolwe.

Hy doen dermwerk. (niks spesifieks nie – uit Burgersfort se omgewing)

Hy is gedwee soos ‘n delwersdonkie.

Ek wonder hoeveel hy sal vra om in ‘n drie-slaapkamer huis te spook? (vir ‘n lelike ou) [bydrae: Allan]

Enige verandering aan daardie gesig is ‘n verbetering. (vir ‘n lelike ou) [bydrae: Herman Janse van Rensburg]

Hou jy van hospitaalkos? (jy soek moeilikheid) [bydrae: Herman Janse van Rensburg]

Hy gaan met aasdieromslagtigheid te werk.

Die Gautengers lê witpens op Kampsbaai se strand.

Daar is net ‘n trekseltjie koffie oor in die pot. (‘n bietjie)

Dit het gister net so ‘n slangsleepseltjie gereent in die Kaap.

Die son sit manshoogte van die berg af.

Hy is lekker vuurbek. (Op ‘n tyd was dit die inding om te sê in Stellenbosch as jy ‘n dronk student raakloop.)

Die ding lyk maar tonteldoek. (onsamehangend – so praat hulle in die noorde van Suid-Afrika)

Jannie is al ringbek. (het al baard – uit Prins Albert se omgewing)

Pieter se nuwe meisie is ‘n mooi melkkoffie. (mengsel van wit en swart)

Jy hou jou latjiesbeen by ‘n meisie. (jy lê aan by haar – uit Worcester se omgewing)

Hy is kiepkop. (effens dronk – uit Touwsrivier se omgewing)

Hy is ganspen. (dronk – uit Moorreesburg se omgewing)

Jacob is doringskof vir Julius. (kwaad)

Hy raak toe sommer doringbos vir haar. (skrikkerig)

Hy is dopsak. (hy het alles verloor)

Hy is blikners gery. (sy boude en bene is deurgeskawe – kan ook beteken hy het hom halfdood gery)

Die Julius is hardekoejawel, inkoejawel en ingat!

Ek word alte ongelukkig as ‘n grootman so inkokkewiet werk. (onbevredigende werk lewer)

Ek sal jou opkoffie as jy sê my span speel sleg. (sal jou opdons)

Ek moet ‘n wegmens wees. (Ek moet nou gaan.)

Die kwaaikind moet uitgebrand word. (bose geeste / malheid moet uit ‘n persoon verwilder word – iets wat plattelandse mense letterlik gedoen het op ‘n tyd, die persoon oor ‘n vuur gehou)

Langnek-Kaatjie soen. (sterk drank gebruik)

Saartjie soen. (sterk drank gebruik)

Daai manne by die spele ry toe-speek! (so vinnig dat jy nie die speke kan sien nie)

Die ouens sal moet losklos hardloop daar in Londen. (vinnig hardloop – losklos beteken ook onbetroubaar)

Swart Grietjie soen. (sterk drank gebruik)

Hy was kleindag so onbeskof. (van kleins af)

Ons werk kaal-voorlyf. (as die mense van Kakamas en omgewing so sê bedoel hulle hul werk sonder ‘n hemp)

#ColouredSpreekWoorde was vroeër die week die gewildste onderwerp op Twitter in Suid-Afrika. Ons het so ‘n paar geskraap << KLIK op die skakel vir Coloured Spreekwoorde

Soebat en bangoog kyk help niks. (Boerneef)

Dis goud wat blink, maar koper wat stink. (Skyn bedrieg)

Alte goed is buurmansgek. (As mens te goedhartig is, word jy deur ander misbruik.)

Hy is ‘n gladde kêrel. (Mens kan hom nie vertrou nie.)

Toe Jors sy eks sien by die kroegtoonbank spring hy knipmes-om.

Die meisies by Tukkies is gek oor mieliestamp.

Wonder waar was Jors en sy meisie gisteraand, sy het al weer kruipknietjies. (nerfaf knieë)

Dit is die klein botteltjies wat die groot gif het. (Mense wat klein van persoon is het dikwels die meeste dryfkrag.)

Met geweld kan mens jou duim in jou hol afbreek. (Met krag kan mens alles doen, maar soms is die gevolge sleg.)

Waar jy nie self by is nie, word jou gesig nie gewas nie. (Jy ly skade as jy nie by jou goed is nie.)

Daardie ou mannetjie is darem maar ‘n kapoevaproppie. (Hy verbeel hom hy is belangrik.)

Daai Jors kan vir jou lank ploeg! (Jors kan lank … hmmm … vry.)

Dit gaan jou blikkies. (dit gaan goed)

Die kar draai sommer hier rûens in die pad. (draai dwars in die pad) [‘n Sêding in Riversdal.]

Dit gaan maar patats. (dit gaan maar sleg)

Die spul daar op Bergplaas sit dassie, daar word nie geploeg nie. (sit in die son)

Die pad is snuif tussen Soebatsfontein en Koingnaas. (die pad is vol fyn stof)

Hy het ‘n hallelujagesig en jazzvoete. (baie vroom gesig en dans graag)

Hangskouers soos ‘n kasteroliebottel. (‘n Sêding in die Noord-Kaap.)

Veel geskreeu en weinig wol. (‘n ophef oor iets kleins maak)

Julius se gesante en trawante raak al minder. (sy helpers, veral in slegte sake)

Gert Erf is Gert Swerf. (geld wat geërf is, word maklik uitgegee)

Jors is goed geolie. (Jors is dronk)

Genade het nie ‘n horing nie. [Dalk beter bekend as “Genade het nie horings nie”. :-) ] (genade word betoon sonder voorwaardes)

Kerm soos ‘n kat oor ‘n derm. (kla oor niks)

Hy lyk soos Sondagkos. (hy lyk netjies)

Vanaand braai ons weer ‘n slag skaalvleis! (vleis wat by die slaghuis gekoop is)

Jors se opsykind is al pramhoog. (Jors se buite-egtelike kind is al pramhoog) [pramhoog – hoe vrouens in Namakwaland hoogte aandui]

Sy het ‘n regte naweeklyfie. (Sy is mooi gebou.)

Daai klas wyn is nie vir ‘n man met ‘n dun kopvel nie. (dun kopvel = word maklik dronk)

Die droëpram is al mooi groot. (droëpram = jongste van ‘n klomp kinders)

Die mannetjie kwyl agter rok-goed aan. (hy kan nie vrouens uitlos nie)

Hy laat lê nie kos nie. (hy eet graag)

Jy kan vir Jan Raap en Skraap eet ou. (daar is genoeg vir almal om te eet)

Het jy al jou bakkies geskottel? (Het jy al jou gesig gewas?)

Al is die ouer hoe arm, hy dek tog warm. (enige ware ouer sorg vir sy kinders)

Die Jors is ‘n regte agterdeursuiper. (hy is ruggraatloos)

Ou Jors sleep darem nog so aan. (sukkel voort)

Jors is hier weg met die aanslag van die dag. (weg met dagbreek)

Jors het die naweek weer netjies gevat, nou’s hy weer tieprag op die Maandag. (te veel gedrink, nou is hy babbelas)

Sy tand koggel hom. (Hy het tandpyn.)

Jors het al vroegmôre gedrink, kanteldronk geraak, nou is hy ge-aap en lê-tiep.

Hy is so los soos ‘n druiwetros.

Hy is gecollar en getie. (Hy het ‘n pak en ‘n das aan.)

’n Dronk man val nie ver van die bar nie. (van BierPlezier)

Jors se gat stamp. (Jors is dronk.)

Verskoon my Frans. (’n waarskuwing wanneer iemand kru taal gebruik)

Geduld is ‘n stadige manier om jou moer te strip.

Seks is soos jou salaristjek, mens praat nie regtig daaroor nie, want netnou kry die ander ou meer as jy.

Almanakke druk. (lieg)

‘n Perd agterstevoor ry. (‘n saak verkeerd aanpak)

Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang. (Wanneer iemand hulself verontskuldig.)

Sien jou in ‘n dik ruk. (Sien jou binnekort.)

Hulle is dik soos diewe. (Hulle is goeie vriende.)

Hy is ‘n regte cheapskate. (Hy is suinig.)

Sy doen die canyon tango. (Sy loop snaaks weens seer voete.)

Hy is baie kamp. (Hy is baie verwyfd.)

Hy kollekteer al weer by haar. (Hy lê aan by haar.)

Hy skiet al weer ‘n cadenza. (Hy is al weer woedend.)

Sy vertel hom waar die bus stop. (Sy vertel hom reguit die waarheid.)

Hy is met sy broek op sy enkels betrap. (Hy is onkant gevang.)

Dit is iemand anders se breinkind. (iemand anders se uitvindsel)

Hy vryf graag haar boud. (hy vlei haar)

Hy slaan die bottel hard. (hy drink baie)

Hy weet hoe om ‘n bottel te knak. (hy drink baie)

Moenie die boot skommel nie. (moenie die rus versteur nie)

Warm onder die boordjie wees. (kwaad wees)

By die verkeerde boom blaf. (die verkeerde idee het)

Sy is totaal en al bonkers. (van haar kop af)

‘n Blaadjie uit iemand se boek neem. (iemand se voorbeeld volg)

Daar is slegte bloed tussen hulle. (daar is slegte gevoelens tussen hulle)

Waar bloed nie kan kruip nie, loop dit. (familiebande is baie hegter as vriendskapsbande)

Hy is maar onder die belt. (Sy gedrag word gekenmerk deur onregverdigheid. / Hy is van ‘n lae klas.)

Sy ly aan bek-en-klouseer. (Sy smeer haar lippe erg rooi en verf haar naels erg rooi.)

Draai jou mantel na die wind. (Bly aan die wenkant.)

Sy is ‘n regte ou tierwyfie. (sy is ‘n kwaai vrou)

Sy kan altyd my battery natpiepie. (sy kan altyd my pret bederf)

Hy lag al die pad bank toe. (Hy maak ‘n wins, afgesien van wat ander sê.)

Hy hou van op die lawaaiwa klim. (met die meerderheid saamstem)

‘n Totale balls-up van iets maak. (‘n helse gemors van iets maak)

Hy hou van ankers uitgooi by elke stopstraat. (hard rem trap)

Hy is al sy alies kwyt. (hy is van sy kop af)

Jou roes uitslaap. (herstel van ‘n babbelas)

Sy kan die agterbeen van ‘n donkie afpraat. (sy praat baie)

Hy probeer hoër vlieg as wat sy vlerke lank is. (hy oorskat homself)

So maklik soos brood en botter. (baie maklik)

‘n Aap op jou rug hê. (verslaaf wees aan iets)

Hy is pad op. (Hy het verdwyn.)

Vir jou het ek sien aankom. (weet hoe iemand is)

Jy sal vir jou moet laat kyk deur sewe skeel kamele. (as iemand iets verkeerd doen)

Laat ek vir jou vertel wat vis innie Kaap kos. (lekker vertel)

Sy is so vet, as sy by die trein uitklim kan almal asem haal. (met erkenning aan Peter Snyders)

Wag tot Letjie kom. (lank wag)

“Help vir Henna en troos vir Koos.” (help daar)

“Sy praat mos so onder haar asem. (sy fluister)”

“Sy praat so baie sy sal die agterbeen van ‘n donkie afpraat.”

Chris van Rooyen: “Hy het ‘n klein koppie soos ‘n ver gooi kierie.”

So maklik soos brood en botter. (verspot maklik)

Hy het ‘n aap op sy rug. (Hy is verslaaf.)

“Die beste vakansie is die een waar die vrouens byt en die muskiete nie.”

Johann Nell: “Dit is baie beter om te huil in ‘n luukse BMW as op ‘n tweewielfiets en dit is nog beter om jou trane te laat val van ‘n drieverdieping mansion as wat dit op jou kaia se grondvloer val.” (Die liefde is soms hartseer, trou ryk.)

Celeste Herman: “‘n Mooi uiterlike vang die oog vir ‘n wyle, maar ‘n mooi innerlike word ‘n leeftyd deur die hart vasgevang.”

“Hy trek ‘n Mbeki.” (bly stil as jy niks beter het om te sê nie)

Nie ‘n A van ‘n B ken nie. (is ongeletterd)

“Hy is twee Castles kort van ‘n sixpack.” (hy is nie lekker nie) – ingestuur deur Andre

“Wel, slaan my met ‘n pap snoek en vee jam onder my arms.” – ingestuur deur George (sêding van sy oupa)

“Sy skop nie baie watts uit nie” (sy’s nie baie slim nie) – ingestuur deur Hanlie

“Byt jy weer borrels.” (Poep in die bad.) – ingestuur deur Lödveteig Nan (Swede)

“Hier het een gesit en pikstele knyp.” (Jy loop in ‘n toilet in wat stink.) – ingestuur deur Lödveteig Nan (Swede)

Ek voel bietjie kop-onder-die-vlerk. (voel nie baie lekker nie)

‘n Mens moet nooit lag as ‘n dief op ‘n fiets deur ‘n trein getrap word nie. Dit kan moontlik jou fiets wees.

Sy is so klein, sy verdwaal in ‘n telefoonhokkie.

“Ek smaak jou stukkend.” (Ek is lief vir jou.)

lees ook Sêgoed