// Spreekwoorde en gesegdes


Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes en ander sêgoed.

Veel geskreeu en weinig wol. (‘n ophef oor iets kleins maak)

Julius se gesante en trawante raak al minder. (sy helpers, veral in slegte sake)

Gert Erf is Gert Swerf. (geld wat geërf is, word maklik uitgegee)

Jors is goed geolie. (Jors is dronk)

Genade het nie ‘n horing nie. [Dalk beter bekend as “Genade het nie horings nie”. :-) ] (genade word betoon sonder voorwaardes)

Kerm soos ‘n kat oor ‘n derm. (kla oor niks)

Hy lyk soos Sondagkos. (hy lyk netjies)

Vanaand braai ons weer ‘n slag skaalvleis! (vleis wat by die slaghuis gekoop is)

Jors se opsykind is al pramhoog. (Jors se buite-egtelike kind is al pramhoog) [pramhoog - hoe vrouens in Namakwaland hoogte aandui]

Sy het ‘n regte naweeklyfie. (Sy is mooi gebou.)

Daai klas wyn is nie vir ‘n man met ‘n dun kopvel nie. (dun kopvel = word maklik dronk)

Die droëpram is al mooi groot. (droëpram = jongste van ‘n klomp kinders)

Die mannetjie kwyl agter rok-goed aan. (hy kan nie vrouens uitlos nie)

Hy laat lê nie kos nie. (hy eet graag)

Jy kan vir Jan Raap en Skraap eet ou. (daar is genoeg vir almal om te eet)

Het jy al jou bakkies geskottel? (Het jy al jou gesig gewas?)

Al is die ouer hoe arm, hy dek tog warm. (enige ware ouer sorg vir sy kinders)

Die Jors is ‘n regte agterdeursuiper. (hy is ruggraatloos)

Ou Jors sleep darem nog so aan. (sukkel voort)

Jors is hier weg met die aanslag van die dag. (weg met dagbreek)

Jors het die naweek weer netjies gevat, nou’s hy weer tieprag op die Maandag. (te veel gedrink, nou is hy babbelas)

Sy tand koggel hom. (Hy het tandpyn.)

Jors het al vroegmôre gedrink, kanteldronk geraak, nou is hy ge-aap en lê-tiep.

Hy is so los soos ‘n druiwetros.

Hy is gecollar en getie. (Hy het ‘n pak en ‘n das aan.)

’n Dronk man val nie ver van die bar nie. (van BierPlezier)

Jors se gat stamp. (Jors is dronk.)

Verskoon my Frans. (’n waarskuwing wanneer iemand kru taal gebruik)

Geduld is ‘n stadige manier om jou moer te strip.

Seks is soos jou salaristjek, mens praat nie regtig daaroor nie, want netnou kry die ander ou meer as jy.

Almanakke druk. (lieg)

‘n Perd agterstevoor ry. (‘n saak verkeerd aanpak)

Adam sê dis Eva en Eva sê dis die slang. (Wanneer iemand hulself verontskuldig.)

Sien jou in ‘n dik ruk. (Sien jou binnekort.)

Hulle is dik soos diewe. (Hulle is goeie vriende.)

Hy is ‘n regte cheapskate. (Hy is suinig.)

Sy doen die canyon tango. (Sy loop snaaks weens seer voete.)

Hy is baie kamp. (Hy is baie verwyfd.)

Hy kollekteer al weer by haar. (Hy lê aan by haar.)

Hy skiet al weer ‘n cadenza. (Hy is al weer woedend.)

Sy vertel hom waar die bus stop. (Sy vertel hom reguit die waarheid.)

Hy is met sy broek op sy enkels betrap. (Hy is onkant gevang.)

Dit is iemand anders se breinkind. (iemand anders se uitvindsel)

Hy vryf graag haar boud. (hy vlei haar)

Hy slaan die bottel hard. (hy drink baie)

Hy weet hoe om ‘n bottel te knak. (hy drink baie)

Moenie die boot skommel nie. (moenie die rus versteur nie)

Warm onder die boordjie wees. (kwaad wees)

By die verkeerde boom blaf. (die verkeerde idee het)

Sy is totaal en al bonkers. (van haar kop af)

‘n Blaadjie uit iemand se boek neem. (iemand se voorbeeld volg)

Daar is slegte bloed tussen hulle. (daar is slegte gevoelens tussen hulle)

Waar bloed nie kan kruip nie, loop dit. (familiebande is baie hegter as vriendskapsbande)

Hy is maar onder die belt. (Sy gedrag word gekenmerk deur onregverdigheid. / Hy is van ‘n lae klas.)

Sy ly aan bek-en-klouseer. (Sy smeer haar lippe erg rooi en verf haar naels erg rooi.)

Draai jou mantel na die wind. (Bly aan die wenkant.)

Sy is ‘n regte ou tierwyfie. (sy is ‘n kwaai vrou)

Sy kan altyd my battery natpiepie. (sy kan altyd my pret bederf)

Hy lag al die pad bank toe. (Hy maak ‘n wins, afgesien van wat ander sê.)

Hy hou van op die lawaaiwa klim. (met die meerderheid saamstem)

‘n Totale balls-up van iets maak. (‘n helse gemors van iets maak)

Hy hou van ankers uitgooi by elke stopstraat. (hard rem trap)

Hy is al sy alies kwyt. (hy is van sy kop af)

Jou roes uitslaap. (herstel van ‘n babbelas)

Sy kan die agterbeen van ‘n donkie afpraat. (sy praat baie)

Hy probeer hoër vlieg as wat sy vlerke lank is. (hy oorskat homself)

So maklik soos brood en botter. (baie maklik)

‘n Aap op jou rug hê. (verslaaf wees aan iets)

Hy is pad op. (Hy het verdwyn.)

Vir jou het ek sien aankom. (weet hoe iemand is)

Jy sal vir jou moet laat kyk deur sewe skeel kamele. (as iemand iets verkeerd doen)

Laat ek vir jou vertel wat vis innie Kaap kos. (lekker vertel)

Sy is so vet, as sy by die trein uitklim kan almal asem haal. (met erkenning aan Peter Snyders)

Wag tot Letjie kom. (lank wag)

“Help vir Henna en troos vir Koos.” (help daar)

“Sy praat mos so onder haar asem. (sy fluister)”

“Sy praat so baie sy sal die agterbeen van ‘n donkie afpraat.”

Chris van Rooyen: “Hy het ‘n klein koppie soos ‘n ver gooi kierie.”

So maklik soos brood en botter. (verspot maklik)

Hy het ‘n aap op sy rug. (Hy is verslaaf.)

“Die beste vakansie is die een waar die vrouens byt en die muskiete nie.”

Johann Nell: “Dit is baie beter om te huil in ‘n luukse BMW as op ‘n tweewielfiets en dit is nog beter om jou trane te laat val van ‘n drieverdieping mansion as wat dit op jou kaia se grondvloer val.” (Die liefde is soms hartseer, trou ryk.)

Celeste Herman: “‘n Mooi uiterlike vang die oog vir ‘n wyle, maar ‘n mooi innerlike word ‘n leeftyd deur die hart vasgevang.”

“Hy trek ‘n Mbeki.” (bly stil as jy niks beter het om te sê nie)

Nie ‘n A van ‘n B ken nie. (is ongeletterd)

“Hy is twee Castles kort van ‘n sixpack.” (hy is nie lekker nie) – ingestuur deur Andre

“Wel, slaan my met ‘n pap snoek en vee jam onder my arms.” – ingestuur deur George (sêding van sy oupa)

“Sy skop nie baie watts uit nie” (sy’s nie baie slim nie) – ingestuur deur Hanlie

“Byt jy weer borrels.” (Poep in die bad.) – ingestuur deur Lödveteig Nan (Swede)

“Hier het een gesit en pikstele knyp.” (Jy loop in ‘n toilet in wat stink.) – ingestuur deur Lödveteig Nan (Swede)

Ek voel bietjie kop-onder-die-vlerk. (voel nie baie lekker nie)

‘n Mens moet nooit lag as ‘n dief op ‘n fiets deur ‘n trein getrap word nie. Dit kan moontlik jou fiets wees.

Sy is so klein, sy verdwaal in ‘n telefoonhokkie.

“Ek smaak jou stukkend.” (Ek is lief vir jou.)

lees ook Sêgoed

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Switch to our mobile site