Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – D

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

daad

Die geringste daad is beter as die grootste voorneme.

dadelik

Geen gras oor iets laat groei nie. (dadelik optree) (Not let the grass grow under one’s feet.)

dagbreek

Jors is hier weg met die aanslag van die dag. (weg met dagbreek)

deeglik

Niks half doen nie. (alles deeglik doen) (Not do anything by halves.)

deurmekaar

Ek is nou so deurmekaar, ek voel skoon soos ‘n balbyter in ‘n meisieskoshuis.
(Klasie Pretorius)

Daai ou is so deurmekaar soos kots in ’n tuimeldroër.
(Lelanie)

Ek is nou so deurmekaar soos ‘n poep in ’n spykerkas.
(Tania Pienaar)

Ek is nou so deurmekaar soos ’n poliesman met ‘n Engelse vraestel.

Jy’s so deurmekaar soos ‘n verkleurmannetjie op ’n smartie boks.
(Amanda van der Merwe)

So deurmekaar soos ‘n poep in ’n tuimeldroër.
(Johan Storm)

Soos bungee gone wireless.
(N. Nieuwoudt)

deurskynend

Hy het deurskynende ore soos ’n galsiek haas.
(Ria Daneel (sêgoed van haar oorlede pa))

dieet

Ek is op ’n dieet. Alles wat ek sien, die eet ek.
(Adrian)

Ek is op ’n ligte dieet. As die ligte aangaan, eet ek.
(Van Lill)

‘n Gebalanseerde dieet is ‘n tjop in die een hand en ‘n dubbel Klipdrift en coke in die ander.
(Deon)

dieselfde

Laat ek jou een ding vertel wat nie twee dinge is nie … as dinge nie drasties gaan verander nie gaan dit die heeltyd dieselfde bly.
(Marius H)

dik

Kyk, sy’s so dik, as julle lepel lê trek sy jou oor haar rug soos ‘n kantgordyn wat opgehang word.
(Kinkhoes)

diplomasie

Diplomasie is die manier om vir iemand te sê dat hy moet fokof sodat hy na die trip uitsien.
(Lelanie)

dissipline

Dissipline sonder liefde is mishandeling.

dobbel

Die wenresep om ‘n Casino te verlaat met ‘n klein fortuin – gaan met ‘n groot fortuin.
(Noddy Schutte)

dom

As die kop dom is kry die lyf swaar.
(Gielie)

Dom mense moet nie aanteel nie.
(Jacobus)

Hy is nie so groen dat ’n koei hom sal vreet nie. (nie so dom as wat jy dink nie)

Hy is so dom, hy dog Sherlock Holmes is ’n behuisingskema.
(Faffa)

Hy’s so dom die hoenders pik hom
(Faffa)

Hy’s so toe soos ’n rubberpop se hol.
(Rocky)

Jy is so toe soos ’n klei-os se gat.
(Deon)

Jy is so skerp soos ’n albaster.
(Jacques Greeff)

Jy weet dat jy ‘n wettige lisensie nodig het vir jou vlak van onnoselheid?
(Ciska Coetzee)

So toe soos ‘n klei-os se hol.
(Johan Storm)

Sy is so toe soos ‘n plastiekpop se poephol.
(Sonja van der Merwe)

Sy is so vlak soos ‘n piering.
(Lizzy)

Sy skop nie baie watts uit nie.
(Hanlie)

dood

Bokveld toe gaan. (dood gaan)

Dis nie die doodgaan wat ’n mens pla nie, maar dis daai never come back.
(Floors)

Hy’t sy chips gehad. (Had one’s chips.)

Iemand van die gras afmaak. (iemand doodmaak) (Do away with someone.)

Sou daar ’n weersien wees, of is ons verdoem tot verpulwerde deeltjies van eens warm vlees.

dors

Ek is nou so dors jy kan ’n kaktus op my tong plant.
(Marizel Jacobs)

drank

Die bottel goed aanspreek. (verslaaf wees aan drank)

Dit afklink. (sake met ’n drankie finaliseer)

Drank is nie ’n oplossing nie, maar dit help!
(Arno)

Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie.
(Braam)

Drink soos ’n vis. (baie drink) (Drink like a fish.)

Ek drink om jou interessant te maak.
(Elrich)

Gister vind ek mos uit drank is my baas! Nóú werk ek lekker!
(Rian Kuyk)

In die yskas sien ek nie ’n six-pack nie, net ’n emosionele ondersteunersgroep.
(Jimmy)

Jou brandewyn bloots drink. (sonder om dit te meng met iets)

’n Heildronk aan alle soorte drank … die oorsaak en oplossing van alle lewensprobleme!
(Lombies)

dringend

Die kalf is in die put. (dit is ’n dringende saak) (There is no time to lose.)

drink

Die bottel goed aanspreek. (baie drink) (Be on the bottle.)

Die duiwel kan sy lewer gebruik vir Blitz.
(Quintus van Rensburg)

Die inwendige mens versterk. (iets eet of drink) (To fortify the inner man.)

Die kêreltjie met die kurkhoed soen. (te veel drink)

Dié naweek drink ons tot die bodem! (drink alles)

Ek drink min … net 1 bier, maar dan word ek ‘n ander man, en jis nou HY kan vir jou suip.
(Montaine)

Hierdie jaar gaan ek net een drankie per dag drink. Ek trek nou by 16 April.
(Jannie van Staden)

Hy slaan die bottel hard. (hy drink baie)

Hy weet hoe om ’n bottel te knak. (hy drink baie)

Jors het die naweek weer netjies gevat, nou’s hy weer tieprag op die Maandag. (te veel gedrink, nou is hy babbelas)

Langnek-Kaatjie soen. (sterk drank gebruik)

Moenie drink en bestuur nie, rook boom en vlieg.
(Willie Wilmans)

Moet asseblief nie drink en bestuur nie, stop eeder en vat ‘n slukkie.
(Jacques Blignaut)

Swart Grietjie soen. (sterk drank gebruik)

dronk

Brandewyn raas as dit uit die vat uit kom. (dronk mense is luidrugtig)

Daai klas wyn is nie vir ’n man met ‘n dun kopvel nie. (dun kopvel = word maklik dronk)

Die druiwestokke werk met hom. (hy is dronk)

Ek is nou so gesuip, my bloed kan gebottel word.
(Robert van Wyk)

Ek was gisteraand so dronk, toe ek vanoggend wakker word hang ek oor die stoel en my klere lê in die bed.
(Gerrit)

Ganse aanja. (dronk wees)

Getik wees. (effens dronk of mal wees)

Hy en die leeu was deurmekaar. (He has had a drop too much.)

Hy het die druiwekar gery. (hy is dronk)

Hy is ganspen. (dronk – uit Moorreesburg se omgewing)

Hy is kiepkop. (effens dronk – uit Touwsrivier se omgewing)

Hy is lekker vuurbek. (op ’n tyd was dit die inding om te sê in Stellenbosch as jy ’n dronk student raakloop)

Jors praat al weer Engels. (hy vloek of hy is dronk)

Jors het al vroegmôre gedrink, kanteldronk geraak, nou is hy ge-aap en lê-tiep.

Jors het al weer gestook. (hy is dronk)

Jors is goed geolie. (Jors is dronk)

Jors se gat stamp. (Jors is dronk)

Lekkerlyf wees. (To be mellow; to be in one’s cups.)

Moenie drink en bestuur nie, suip en kruip.
(Ivan du Plessis)

’n Dronk man val nie ver van die bar nie.
(BierPlezier)

So dronk soos ‘n tor. (baie dronk)
(Andre Maritz)

droog

Die vleis is so droog, as ‘n mens dit sny staan daar ‘n stofwolkie om die mes op.
(Joram)

Dis so droog, jy poep dat die stof so staan.
(Milly)

Dis so droog, jy steek ‘n seël vas met ‘n kopspeld.
(Milly)

Dit is nou so droog in die Boland, waterblommetjies word verkoop as droë rangskikkings.
(Roelof van der Westhuizen)

Dit is so droog, as jy die skottelgoedwater by die venster uitgooi, kom die windpompe aangehardloop.
(Joram)

In die Kalahari is dit so droog, as jy water afslaan bestorm die bossies jou.
(Buks Viljoen)

droom

As jy jou drome wil bewaarheid moet jy nie te lank slaap nie.

durf

Nooit gedink my blindederm sal lank genoeg wees nie. (gedink ek sal die durf hê nie)

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y