Afrikaanse spreekwoorde en uitdrukkings – G

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y

gas

’n Huisgas is soos ’n vis. Na drie dae is hy nie meer vars nie.

gedagte

Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek soos onderbroeke in ‘n tuimeldroër.

gedrag

Jou gedra soos ‘n weerhaan. (verander dikwels van mening)

geheim

Op iemand se kaarte kyk. (iemand se geheime uitvind)

geld

Daar is te veel maand aan die einde van my geld oor.
(Student)

Erfgeld is swerfgeld. (dit wat jy nie deur eie inspanning verdien nie, verloor jy maklik) (Easy come, easy go.)

Geld soos bossies. (baie geld) (Money in abundance.)

Mooiweer speel met ’n ander se geld. (iemand anders se geld mors)

’n Melkkoeitjie (’n saak/persoon waaruit mens geld maak) (A milk cow; a source of income)

Om geld uit my uit te kry, is so moeilik soos om botter met ‘n rooiwarm naald in ‘n ystervark se hol op te stop.
(Jan van der Westhuizen)

geleerd

Iemand het baie letters geëet. (baie geleerd) (He is a well-lettered man.)

geluk

Die geluk in jou lewe hang af van die kwaliteit van jou denke.

Ek is so bly ek spuit sommer!
(Chris)

Hy is so gelukkig, hy moet ‘n polisieman klap net om drama in sy lewe te hê.
(Pieter Botha)

Na reën kom sonskyn. (na moeilikheid kom geluk)

gemeen

Jou vet sal braai. (gemeenheid sal aan die lig kom) (You will be shown up; your chickens will come home to roost.)

genoeg

Hy is gatvol om gatvol te wees. (genoeg is genoeg)
(Martin Grobler

genot

Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in.
(Joram)

Lekker is ’n vinger lank. (genot duur nie lank nie) (Pleasure is short-lived; all delights are vain.)

gerug

’n Windjie hoor waai. (’n gerug hoor)

gesig

Afdraende gesig soos ‘n dors bobbejaan.
(Blauw)

Hy’t ‘n skerp gesig soos ‘n resies-snoek.
(Staal)

Hy het ‘n afdraande gesig soos ‘n plaaskakhuis.
(Lulu)

Hy het ‘n afdraande gesig soos wasklip.
(Buks)

Hy het ‘n lang gesig soos ‘n dorsdonkie.
(Jan van der Westhuizen)

Hy het ‘n skerp gesig soos ‘n kwart pond kaas.
(Quintin)

Lang gesig soos ‘n bok wat afdraand vreet.
(Plummes)

Sy het ‘n lang gesig soos ‘n basaarbrood.
(Quintin)

Sy het ‘n lang gesig soos ‘n kerkvenster.
(Quintin)

Sy het ‘n spitsgesig soos ‘n resiessnoek.
(Jan Joubert)

gevolgtrekking

Een bont kraai maak nog nie somer nie. (jy maak nie ’n algemene gevolgtrekking van een feit nie) One swallow does not make a summer.

‘n Gevolgtrekking is die punt waar jy moeg raak vir dink.

gewild

Opgang maak. (gewild raak)

gil

Gil soos ‘n Jehovasgetuie.

grap

‘n Grap is ‘n grap, maak ‘n krom stok in ‘n reguit ou se hol is nie ‘n grap nie.
(Barkvallas)

Griekwas

Daar is net een kwas en dit is die Griekwas.
(Daniel)

groei

‘n Ereksie tel nie as persoonlike groei nie.
(Skemer)

groet

“As iemand jou vra: Hu ganit? Kak ma orait!”
(Ryno van Zyl)

“As iemand my groet dan sê ek altyd, as hulle vra hoe gaan dit, ‘Vet en gesond’. As hulle groet om te loop sê ek ‘Soet wees!’.”
(Bertus Schwan)

As iemand vir ‘n man vra hoe dit gaan: “Dit hang nog op 6-uur en by jou.”
(Hermanus)

As iemand vra hoe dit gaan: “So stil soos ‘n sonneblom; ritsel net sagweg terwyl ek saadskiet” En partykeer agterna: “En op my ouderdom is dit nog net so per geleentheid!”
(Boet)

As iemand vra hoe gaan dit, dan sê jy: Dit gaan pielies in die mielies.
(Jackie)

As iemand vra hoe gaan dit: “So stil soos ‘n stootskraper, ek raas net as ek stoot.”
(Spyker2000)

Die beste vir die 6de, dieselfde vir die 11de en groete vir sproete.
(Skillie & Milly)

Groetnis by die jaart.

Hoe brand jou kole?

“Hoe gaan dit?”
“Dik en Moerig”
(Van Lill)

“Hoe gaan dit?”
“Rond en gesond”
(Van Lill)

“Hoe gaan dit?”
“Goed! Stil en lustig …”
(Plaasjapie)

“Hoe gaan dit?”
“Stil en vrugbaar.”
(Pedro Commanche)

Hoe loop die stroop?
(Stompie)

Laat ons nou maak so beeskak en val in die pad.
(Irene Myburgh)

Nou maar laat dit goed gaan. Sien jou by die boom … as ek hom nie rook nie.
(ChrisC)

Slaap met toe oë én by die huis.

“Vraag: Hoe gaan dit?”
“Antwoord: ‘Stil en rustig’ of ‘Arm en eerlik’ of ‘Jags en gewillig en te skaam om te vra’.”
(Jurie J Fourie)

Wanneer jy groet sê jy: “Daars nie kak nie want daars nie kos nie.”
(Jackie Booysen)

Wat skop in die pot?

Wat stoom?

groot

Die antie is so groot die lewensredders moes haar vra om die strand te verlaat sodat die gety kon inkom.
(Fanie)

Jou ma is so groot sy biep soos ‘n mynlorrie as sy agteruit loop.
(Kees)

grootpraat

Hy is ’n held met die mond. (grootprater) (A braggard.)

grootte

Dis dalk nie die grootte van die boot nie, maar die motion of the ocean, maar ‘n mens sal nooit in Londen uitkom met ‘n roeibootjie nie.
(Elzette)

groter

Dit is net die oortjies van die seekoei. (Only the tip of the iceberg.)

Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.

A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y