A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
nael
Haar naels is so skerp dat sy nie nooit ’n skêr hoef te gebruik nie.
(ingestuur deur Gerhard Schafer – sêgoed van sy oorlede pa)
napraat
Kak sê die koning, en die hele hof kreun …
(Pieter)
netjies
Hy is gecollar en getie. (hy het ’n pak en ’n das aan)
Hy lyk soos Sondagkos. (hy lyk netjies)
neus
Sêgoed vir ’n ou met ‘n groot neus: “Dis nou amper neusie verby vir jou.”
Sêgoed vir ’n ou met ’n groot neus: “Jy gaan nooit geneus wees van jou siekte nie.”
Sêgoed vir ’n ou met ’n groot neus: “Jy moet met ’n Chineus trou.”
Sêgoed vir ’n ou met ’n groot neus: “Môre Nostrilldamus.”
neutraal
’n Draadsitter. (One who sits on the fence.)
Op die draad sit. (Sit on the fence.)
nietigheid
Dis ’n storm in ’n koppie tee. (It is a storm in a teacup.)
niks
Hom oor ’n dooie mossie verheug. (Hom oor iets nietigs verheug.) (To rejoice about nothing; to be a cock-a-hoop.)
nodig
As dit daarop aankom. (as dit nodig mag wees) (If the worst come to the worst.)
nooit
Ja, dit sal gebeur as die koeie coke gee.
(Vlastie van Heerden)
nukkerig
Sole uit iemand se lippe kan sny. (To sulk; to hang the nether lip)
nutteloos
Iemand het daar niks aan nie. (It means nothing to someone.)
nuuskierig
Nuuskierige agies hoort in die wolwehok!
Van nuuskierig wees is die tronk vol en die kerk leeg. (Curiosity killed the cat; ask no questions and you’ll hear no lies.)
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y