A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y
waag
As jy in die vlakwater speel byt die haaie jou nie maklik nie. (mense met min waagmoed het minder geleenthede en geld maar ook minder risiko’s)
(Martin Grobler)
waarde
’n Goeie ding prys homself aan. (iets van goeie gehalte hoef nie geprys te word nie) (Good wine needs no bush.)
’n Nul op ’n kontrak. (van geen waarde nie) (Not worth a straw.)
waardeer
Krummels is ook brood. (mens moet die eenvoudige dinge ook waardeer) (Half a loaf is beter than no bread. / Beter small fish than an empty dish.)
waardeloos
Dis nie ’n pyp dagga werd nie.
wag
Jou malle moer af wag. (lank wag) (To become weary of waiting.)
Wag tot Letjie kom. (lank wag)
wakker
’n Ogie in die seil hou. (waaksaam wees)
was
Het jy al jou bakkies geskottel? (Het jy al jou gesig gewas?)
weg
Vlieg in jou moer. (gaan weg) (Go to the devil.)
wegbly
By die Kaap gaan haal. (lank wegbly as jy iets gaan haal)
wen
Draai jou mantel na die wind. (Bly aan die wenkant.)
Iemand aapstert gee.
Iets te breed aanvoor. (te veel onderneem) (Bite off more than one can chew.)
Ons het hulle lelike geoes. (vêr gewen) (We mowed them down; we ploughed them under.)
Te veel hooi op jou vurk laai. (te veel onderneem) (Bite off more than one can chew.)
werk
As die werk te veel raak – moet nooit op jou rug gaan lê nie, lê eerder op jou maag.
(Daniel)
Die woordeboek is die enigste plek waar sukses voor werk kom.
Dink positief, elke dag wat jy klaar gewerk het is nog ’n dag nader aan pensioen!
(Lombies)
Ek haat Vrydag want dit is te naby aan Maandag.
(Francois)
Ek werk so hard dat die kak aan my baard hang.
(Amanda van der Merwe)
Ek word alte ongelukkig as ’n grootman so inkokkewiet werk. (onbevredigende werk lewer)
Ek wou altyd iemand wees, maar ek moes seker meer spesifiek gewees het.
Hoe steiler die opdraand, hoe nader aan die end. (hoe harder ’n mens werk, hoe gouer kry jy klaar) (The longer way round is the nearest way home.)
Hy doen dermwerk. (niks spesifieks nie – uit Burgersfort se omgewing)
“Moenie sê ‘lekker werk’ nie, sê ‘lekker speel'”
(Ronel Naude)
My pa het altyd vir my gesê word ’n dokter of ’n ding, toe word ek ’n ding.
(Theunis Smith)
’n Tjop val nie in jou mond nie. (mens moet werk)
(Quintus van Rensburg)
Te veel ape aan jou stert hê. (meer onderneem as wat jy kan hanteer) (Have too much hay on one’s fork. / Have too many irons in the fire.)
Te veel hooi op jou vurk hê. (meer onderneem as wat jy kan hanteer) (Have too much hay on one’s fork. / Have too many irons in the fire.)
Werk het nog nooit iemand doodgemaak nie, maar ek vat g’n kans nie.
(Dairybell)
wete
Dit weet die aap se stert. (almal weet dit)
Jy weet nooit wat jy nie weet nie.
(Floors)
windgat
Die man is so windgat selfs die Suid-Ooster is skaam vandag.
(Martin Grobler)
wins
Hy lag al die pad bank toe. (hy maak ’n wins, afgesien van wat ander sê)
woorde
Sy woorde opeet. (onder dwang sy woorde terugtrek) (To swallow his words.)
Wat laat oom Japie weer die grootsê so hoog uit die takke haal? (onnodig groot woorde gebruik)
woordeskat
Elke woord was op een of ander stadium ’n neologisme.
Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.
’n Goeie woordeboek is soos ’n spieël: as jy weet hoe om dit goed te gebruik, sal jy vasstel wat jy reeds vermoed het.
wors
As die wors styf is, is dit gaar.
(Joe Coetzer)
wraak
Die swaarste ding om rond te dra is wraakgedagtes.
Stuur asseblief enige Afrikaanse spreekwoorde, gesegdes, uitdrukkings en ander sêgoed aan bydraes@roekeloos.co.za.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | R | S | T | U | V | W | Y