Rian van Heerden keer terug in 2011 met sy mees omstrede solovertoning nog!
Die verhaal van Vaselinetjie se kinderhuislewe van gomgatte, emosionele verwaarlosing, prostitusie, seks, dwelms, bendegeweld, menslike humor en dik romanse.
’n Kombinasie van ruimtelike teater en kuns-in-uitvoering waarin oortuiginge rondom wetenskap, filosofie en teater naas mekaar gestel word.
Rooiland is ’n onthutsende verhaal van kollektiewe verhale – oorgeërfde herinneringe wat wapens word in die monde van gevangenes.
Die verhaal van ’n meisie wat eens Mooi Maria was – totdat die noodlot toegeslaan het.
Ouma wys angel is protesteater.
Twee legendariese Afrikaanse akteurs is weer saam op die verhoog: Marius Weyers en Louis van Niekerk in ’n klassieke drama van David Mamet.
’n Kunstefees kan nie met twee bene oor die weg kom nie.
’n Poëtiese studie van ons onvermoë om ons gevoelens uit te druk.
Ná die sukses van sy roman en rolprent Roepman skryf Jan van Tonder vir die eerste keer vir die teater – ’n klug wat vanjaar by Aardklop debuteer.
Dié buurtwag is uiters verteenwoordigend: ’n Boer, ’n Engelsman, ’n tiener, ’n gay man, ’n bruin man en ’n flerrie.
Deon Opperman se nuutste drama, Aantrekkingskrag, maak sy debuut by Aardklop 2011.
Die program vir die sewentiende Absa KKNK bewys dat dié fees jaarliks vernuwe, ‘n wye verskeidenheid ervarings bied en ‘n leidende rol speel in die ontwikkeling van nuwe werk vir die verhoog.
Onlangse kommentaar