Magnet Theatre se bekroonde regisseur Mark Fleishman keer terug met nog ’n klein juweel wat TV-ster David Johnson insluit.
Shaleen Surtie-Richards in ’n splinternuwe solovertoning, geregisseer deur Casper de Vries.
Die gevierde skrywer Marlene van Niekerk (Triomf, Agaat) pak saam met regisseur Marthinus Basson ‘n vlymskerp satire aan.
Julius Malema erken dat daar ’n lobotomie op hom uitgevoer is.
Die entoesiasme en standaard van toneeltekste wat inskryf vir die Nagtegaal teksprys bewys dat Afrikaanse teater aan die lewe gehou word deur hoopvolle en talentvolle dramaturge.
’n Belewenis vir jonk en oud!
Conrad Botes is die feeskunstenaar vir Aardklop 2009.
Vreemdelingskap en vervreemding is die deurlopende tema van die Engelse produksies wat vanjaar by Aardklop te sien is.
Dié musiekspel vertel die verhaal van Geerhardt van der Lende – ’n man wat na die afloop van die Tweede Wêreldoorlog naarstiglik probeer om sy ware identiteit geheim te hou.
Die akteurs se voete tik-tik met militaristiese presisie ’n ritme uit.
Die Creative Quotient Festival is ’n vertoonvenster vir die beste werk uit die advertensie- en ontwerpmilieu, insluitend die wenners van die Cannes Gold Lions en die Loeries.
Country-legendes & vriende is landwyd ’n groot sukses en nog elke keer heeltemal uitverkoop.
‘n Suinige veramerikaansde Boerseun beland teen sy sin in ‘n hotel waar hy hom vasloop teen ‘n portier wat “enigiets” sal doen vir sy fooitjie …
Onlangse kommentaar