Roekeloos » André P. Brink

Skrywers begin petisie teen mediawet
Twee bekende Suid-Afrikaanse skrywers, Nadine Gordimer en  André P. Brink het met ‘n petisie begin teen die regering se beoogde media-tribunaal.

Die internasionale skrywersorganisasie PEN het ook reeds met protes teen die wetgewing begin.

Oom Kootjie Emmer
Hierdie is ‘n heruitgawe van ’n plesierige boekie wat die eerste keer in 1973 deur Buren gepubliseer is.

Oom Kootjie Emmer is Lykbesorger en Nagwadrywer op Witgatworteldraai.

Humoristiese anekdotes oor Oom Kootjie en sy dorp se mense: Dominee Dooieweerdt en Miss Libbie Plesie, oom Sagrys Noodskoot en oom Poepies Pontak, Koekie Rautenbach en Tolletjies Fourie, sersant Gryp-en-Ryp Koesee en die Weduwee Oop-en-toe, noem maar op. Maar dit bly in die eerste plek die verhaal van oom Kootjie self, van sy sloerstaking en sy geheime wapen, sy Uitwaartse Beweging en sy Volksfees. Hoe hy uiteindelik burgemeester word en vooruitgang bewerkstellig.

Oom Kootjie Emmer is André P. Brink se maaksel.

Die boek word in Maart 2010 vrygestel.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Oom Kootjie Emmer

Oom Kootjie Emmer

29 Januarie 20100.3

Groot Verseboek
Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

In die vyftigerjare, toe Groot Verseboek vir die eerste keer deur Tafelberg uitgegee is, en selfs nog in die vroeë tagtigerjare (toe die voorlaaste uitgawe verskyn het), was die Afrikaanse digkuns veel kleiner as vandag. Daarom was dit nodig om, met die uitverkoop van die laaste druk, die bloemlesing te hersien en aan te vul.

Dié uitgawe, Groot Verseboek 2000, het vyf drukke beleef en topverkoperlyste gehaal.

André P. Brink, wat met D.J. Opperman meegewerk het aan die laaste uitgawe, het hom as samesteller daarop ingestel om die tradisie van fyn en onbevange lees voort te sit. Saam met die nadruk op gehalte was daar ook ‘n besef van stemme wat deur die jare uit die kanon uitgesluit was.

In dié hersiening word gepoog om reg te laat geskied aan die ongelooflike verskeidenheid in die Afrikaanse poësie. Groot Verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van ‘n nuwe tyd en ‘n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak.

Groot Verseboek 2008

Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poësie saamgestel is, gee ‘n indruk van die omvang én verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid én tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns.

Self sê Brink: “Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net één dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my ‘n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poësie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poësie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poësie het vele wonings.”

Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van ’n

Groot Verseboek deel 1

avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van ’n digkuns, binne enkele dekades, vanuit ’n beskeie, naïewe, amper primitiewe begin tot ’n poësie wat hom nêrens in die wêreld hoef te skaam nie.

Groot Verseboek deel 2

Die tweede deel van Groot Verseboek stel ’n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau – Ingrid Jonker – Wilma Stockenström – Antjie Krog … naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small – Peter Blum – Breyten Breytenbach …

Groot Verseboek deel 3

In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poësie in ’n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in ’n hoogbloei van poësie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome – deel van ’n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.

Koop / Buy Groot Verseboek 2008 …

‘n Vurk in die pad
Hierdie memoir is, soos André P. Brink dit self stel, ’n reaksie op “’n behoefte …

om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie

dinge wat ek nog nie verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak het…”

Die memoir gee die leser ’n blik op die ryk en vol lewe van een van die grootste skrywers in

Afrikaans. Brink se verstommende erudisie en belesenheid in verskeie tale, sy diepgaande

gemeenskapsbetrokkenheid (wat dikwels gepaard gegaan het met persoonlike opofferings), sy sterk

politieke oortuigings wat meermale tot aksie oorgegaan en tot teistering van owerheidsweë gelei het,

is alles dinge wat die leser sal bybly, saam met komiese en deerniswekkende momente uit sy jeug en sy

heel persoonlike lewe.

Koop / Buy ‘n Vurk in die pad

Draaijakkals
“And now for something completely different”, sou die Engelse sê. Op zyn Afrikaans kan mens seker sê: “Hier kom ´n ding!” Want ´n boek soos Draaijakkals tel mens nie elke dag op nie – veral nie in Afrikaans nie. Die naaste onlangse soortgelyke boek is seker André P Brink se Duiwelskloof, daardie rondomtalierit in Gamkaskloof – Die Hel – waarin jy nooit seker is wat die werklikheid is en wat nie. Maar Draaijakkals is tog ´n heel ander ervaring as Duiwelskloof – en beide is hoogs boeiend en vermaaklik en bly by jou, lank nadat jy hulle neergesit het.

Op die speelse voorblad van die boek word dit al beskryf as ´n skelmroman – ´n interessante kategorie. Die flapteks van die boek sê Weideman sluit hom met Draaijakkals aan by die pikareske tradisie wat uit die 16de eeu in Spanje dateer en wat in die moderne tyd uiteenlopende gedaantes gekry het by skrywers soos Thomas Mann, Günter Grass, Louis Paul Boon, Jorge Amado en André P Brink.

Draaijakkals is ´n dik boek – 569 bladsye – maar dis beslis nie ´n swaar boek nie. ´n Mens kuier ligvoets daardeur en verkneukel jou in Weideman se speelse gebruik van Afrikaans, vol ou Noord-Kaapse, Jiddisje en San-woorde soos revinnis, handjiekaie, feygel, ja-oempie, vasget’kam en n’tgoe. Daarmee vang Weideman jou ook uit, want mens blaai kort-kort na die agterblad toe om uit te vind wat die woorde beteken, maar daar’s geen amptelike lys van verklarings nie. En jy wil nie die naskrif lees nie, want jy wil nie hê die spanning oor wat met die onwaarskynlike held gebeur, moet verbeek word nie. Maar as jy met ´n sug aan die einde van die boek kom, en dan die naskrif lees, kom jy agter dis waarin al die vreemde woorde uitgelê word – sommer so as deel van die gesels. Maar die woorde pas so gemaklik in die storie in en dis so deel van die karakters dat dit nie keer dat jy die stof van droogtes en die skrik van oorstromings saam met hulle beleef en voel en proe nie.

Waaroor handel Draaijakkals? Basies oor Niklaas/Nicolaas/Vossie se epiese soektog na sy pa en sy herkoms, met behulp van onder meer ´n obskure rympie en ´n paar ander raaiselagtige dokumente. Maar so prosaïes is dit beslis nie. Weideman gee op die eerste bladsy ´n subtitel en ´n opsomming: “Draaijakkals, oftewel die ongelooflike eerste jeug van Nicolaas Alettus Lazarus – stofpoepertjie, tusseninner en aartskalant van die Onderveld waarin die verteller se wedervaringe oor sowat drie dekades aan die leser voorgehou word, beginnende met ´n ontvangenis in ´n bakoond, padlangs verder verby Samaritane wat op hulle moer kry, gehoorsame en ongehoorsame meisies, ´n spul Nazi’s en diverse holmolle, en eindigende met ´n tuiskoms tussen ´n klomp skewe brode in ´n anderster bakoond.”

As dit jou nie lus maak om uit te hardloop en die boek onder hande te kry nie, sal niks nie. Dis nie ´n boek vir hiper-preutses nie, seks word eenvoudig en intens geniet en van die uitdrukkings sal mens nie in teologiese handboeke kry nie, maar dis nooit banaal nie en mens sal baie bekrompe moet wees om hieroor aanstoot te neem.

George Weideman het ´n groot deel van sy vulletjiejare, soos hy dit noem, deurgebring in die wêreld waaroor hy in Draaijakkals skryf – en dit wys. Op 18 het hy gedebuteer met ´n digbundel Hondegaloppie en nog ´n handvol het daarop gevolg. Hy spog met twee verhalebundels en verskeie jeugromans. Los my uit, paloekas!, Die optog van die aftjoppers en Dana se jaar duisend is al drie met Sanlampryse bekroon. Sy roman Die onderskepper het die W A Hofmeyrprys en die tweede prys in De Kat en Sanlam se romanwedstryd verower.

Koop Draaijakkals …

21
In 1956 is die loop van die Afrikaanse letterkunde verlê deur ´n smal bundeltjie: Jan Rabie se 21, ´n prosawerk wat vir die taal ´n waterskeiding was en sy rimpelinge dekades lank deur die Afrikaanse kultuur bly stuur het. Dit is gebou op ´n verstommende ironie: dat Rabie se werk oorspronklik in Engels geskryf en eers agterna in Afrikaans vertaal is." – André P. Brink.

Ter herdenking van die Sestiger Jan Rabie se tagtigste verjaarsdag het die uitgewer Human & Rousseau 21 nou heruitgereik, in ´n beperkte oplaag. Wat van hierdie publikasie ´n ware versamelaarsitem maak, is die feit dat 13 van die oorspronklike Engelse verhale deur André Brink opgediep is en vir die eerste keer hier verskyn – saam met die 21 Afrikaanse verhale wat in 1956 gebundel is.

Jan Rabie was, saam met Etienne Leroux, Dolf van Niekerk, André P. Brink en Chris Barnard, een van die skrywers wat as die Sestigers bekend geraak het en wat, in die laat vyftiger- en vroeë sestigerjare, vernuwende Afrikaanse literêre tekste die lig laat sien het (met 21 een van die baanbrekerswerke). Ander literêre werke van hom is onder meer Dakkamer en agterplaas (1957), Ons, die afgod (1958), Mens-alleen (1963), Eiland oor Afrika (1964), Die groot anders-maak (1964), Waar jy sterwe (1966), Ark (1977) en En oseaan (1985). Hy was getroud met die bekende kunstenaar Marjorie Wallace.

Koop/Buy 21 …

KKNK 2008 Program
Met die 2008 KKNK program is gepoog om die huidige identiteit en gehore van die fees te behou, terwyl daar terselfdertyd gediversifiseer is in ‘n poging om nuwe vlakke van gehalte en kreatiwiteit te bereik. Ook Brett Pyper se doelwit om uitwaarts te kyk na die plek van die Absa KKNK in die breër Suid-Afrikaanse samelewing – sodat die fees meer behels as om bloot te sê almal is welkom by die fees – vind sy beslag in die program.

Die toneelaanbiedings dien as voorbeeld. Om die omvang van die verskeidenheid en gehalte van die aanbod in hierdie genre te besef, hoef ‘n mens net na ‘n paar van die name op die lang lys van indrukwekkende regisseurs te kyk en hul produksies: Marthinus Basson (‘n Lang dagreis na die nag; Om soos ‘n lyk te lê), Jaco Bouwer (Die generaal; Saad; Smag), Gerrit Schoonhoven (Binnelanders buiteweste), Bobby Heaney (Not the Big Easy), Hennie van Greunen (Shirley Valentyn; Breinbliksem; Cirque du Sussie; Dowwe Dolla: Saal 10), Lara Bye (Yellowman), Mike van Graan (Bafana Republic) en Henry Mylne (Paulus).

Benewens die gevestigde en gewilde sterre wat by die fees te sien sal wees – en hulle is álmal daar – kry die dramastudente van die onderskeie universiteite ook ‘n kans om uit te blink in die studenteteater kompetisie, Spat. Die wenstuk word tydens die fees aangewys en op 28 Maart in die Griesselsaal opgevoer.

Pyper meen verder dit is belangrik om vertaling as vaardigheid, kuns en metafoor te ondersoek en ontgin. Die beste voorbeelde hiervan is weer eens in die toneelgenre te vind en feesgangers kan uitsien na werke van die wêreld se voorste dramaturge, maar in Afrikaans. Só is daar byvoorbeeld die oorbluffende Long day’s journey into night van Eugene O’Neill (vertaal deur André P. Brink as ‘n Lang dagreis na die nag), een van die voorste tekste van die 20ste eeu wat in Afrikaans nuwe betekenis gaan kry by monde van Marius Weyers, Antoinette Kellerman, Stian Bam en ander. ‘n Drama uit min of meer dieselfde tydperk is The Maids (vertaal deur Wim Vorster as Diensmeisies) van die Fransman Jean Genet wat op die fees in Afrikaans opgevoer word met Nicole Holm, Martelize Kolver en Petrus du Preez. Die jonger dramaturge kry ook ‘n beurt. Voor haar dood op die ouderdom van 27 het Sarah Kane net vyf stukke geskryf, maar sy het ‘n betekenisvolle invloed op die internasionale teatergemeenskap gehad. Haar stuk Crave (vertaal deur Willem Anker as Smag) handel oor liefde, verlies en die aflegging van hoop en word opgevoer deur onder meer Nicola Hanekom, Erica Wessels en Eben Genis.

Komedie bly nie agterweë nie en die program spog met sommige van die land se gewildste komediante: Marc Lottering (Hallelujah!), Marion Holm (Cirque du Sussie), Margit Meyer-Rödenbeck (Dowwe Dolla: Saal 10) en Leon Kruger (Kruger kook: ‘n Resep vir moeilikheid). Feesgangers kan ook uitsien na Bafana Republic met Lindiwe Matshikiza en Wyk 14 deur met Frank Opperman, geskryf deur Dana Snyman.

‘n Aanduiding van die toonaangewende aard van die Absa KKNK is die aantal kunstenaars wat juis dié fees kies om hul nuwe werk bekend te stel. ‘n Konsert van David Kramer saam met sy hele orkes is opsigself ‘n rare gebeurtenis, wat nog te sê twéé konserte! Dís egter presies wat op feesgangers wag, asook sy jongste CD, Hemel & Aarde. Amanda Strydom spog met ‘n nuwe album, Kerse teen die donker, wat sy in ‘n gelyknamige produksie bekend sal stel. Ook die immer gewilde Lize Beekman het gekies dat die feesgangers die eerste sal wees om die liedjies van haar nuwe album, Sit ‘n bietjie langs my, te hoor, terwyl Op reis na die Suide van Laurinda Hofmeyr beloof om ‘n langverwagte hoogtepunt te wees.

Musiekliefhebbers het die vooruitsig van optredes deur bykans elke kunstenaar op die Afrikaanse musiek-toneel en boonop gaan die MK Kango-Droëstoor vir vyf dae lank in sy fondamente bewe op die maat van die MK Kaktus-Sessies. Bed on Bricks, Fokofpolisiekar, Foto na Dans, Orange Stiletto’s en nog vele ander sal hier optree.

Die musiekteater-program sorg beslis vir ‘n paar verrassings, veral ‘n operette oor die Afrikaanse sangers Dirk le Waal (Chris Vorster) en Lindie Lief (Diaan Lawrenson). Adriaan Meyer se vertaling van Pieter-Dirk Uys se Appassionata, met Johann Nel en Elna van der Merwe, is nog ‘n belowende produksie, asook Dag-boek van ‘n Swerwer waarin Koos du Plessis se ongetoonsette lirieke musikaal lewe gegee word.

Daar is selfs gesorg vir diegene wat hul vermaak meer besadig verkies. Hulle moet seker maak hulle sien die uitstalling van die feeskunstenaar, Lawrence Lemoana, getiteld Hierarchies of Men. Verder doen die kurator van die fees se visuele kuns, Theo Kleynhans, daagliks rondleidings waartydens die verskillende uitstallings besigtig en informeel daaroor gesels word.

Klassieke-musiekaanbiedings is daar om van te kies en te keur, waaronder ‘n besondere uitvoering deur die pianis Benjamin Fourie van Olivier Messian se reeks bepeinsings oor die Jesuskind. Die fliekflooie het nie vergete gebly nie en sowat drie dosyn dokumentêre, kort- en vollengte films word tydens die fees vertoon, insluitend Sibahle wat aangewys is as die beste kortfilm by die 2007 Apollo-filmfees.

‘n Groot verskeidenheid hoorbeelde wat elke smaak behoort te bevredig, is deur RSG beskikbaar gestel vir die Absa KKNK se woordkuns-program, maar die spogaanbieding in hierdie genre is ongetwyfeld ‘n splinternuwe, multi-media produksie van NP van Wyk Louw se epiese gedig Raka onder spelleiding van Trudie Taljaard.

Pyper sien die Absa KKNK as ‘n smeltkroes waar diverse belangegroepe met verskillende perspektiewe vrylik met mekaar in gesprek kan tree. Ook hiervoor bied die fees ‘n platform, naamlik die lesingreeks wat onder die vaandel “Die stand van die nasie” sake sal bespreek, die rol van die kunstefeeste ingesluit, asook die Viva! Afrikaans-gesprekke, wat die soeklig plaas op Afrikaans se rol as bevrydingstaal. In ander gesprekke sal aspekte van bruin-wees toegelig word, terwyl ‘n groep teaterpersoonlikhede van die Nederlandse Teaterinstituut kom praat oor hoe die Suid-Afrikaanse teater van buite af lyk. En dan is daar die !Kuierplek, ‘n plek van geselligheid in die feeskern, langs die rivier, waar die diversiteit in Afrikaans – veral plaaslike Khoi erfenis – aangebied en bespreek word deur middel van dans, musiek, kos, uitstallings en sto-rievertelling, en waar die wenners van die nasionale rieldanskompetisie te siene sal wees.

Voeg by al die bogenoemde nog die Skrywersitkamer, dansteater, kinderteater, 4X4 safari’s, historiese wandeltoere, whisky- en sjokoladeproeë, township-toere, tradisionele Xhosa-maaltye, ‘n spesiale erediens en vele ander bedrywighede, en jy het ‘n fees van formaat waar elkeen die stukkie Afrikaans in hom of haar kan kom prikkel.

Donkermaan
Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Teen die agtergrond van die woelinge en onsekerhede van vandag se Suid-Afrika is hierdie waarskynlik die intiemste verhaal wat Brink nog geskryf het, sê die uitgewer van die boek, Human & Rousseau. Ruben Olivier se lewe is besig om uitmekaar te val. Sy vrou is dood. Die biblioteek wat die passie van sy lewe was, het hom ´n pakket aangebied om plek te maak vir ´n jong swart opvolger. Sy beste vriend is sinneloos vermoor. Sy hede word deur drie figure oorheers.

Daar is sy huishoudster, Magrieta, wat hom nie toelaat om te vergeet van die werklike wêreld rondom sy soliede ou huis in Nuweland nie. Daar is Antje van Bengale, ´n jong slawemeisie wat drie eeue gelede tereggestel is en nou nog in die huis bly spook. En dan is daar Tessa, wat een nag uit die reën opdaag op soek na blyplek en soos ´n donker maan die landskap van sy lewe belig met die teenstrydige onthullinge uit haar verlede en die uitdaging van haar troebel seksualiteit.

Met ´n aanslag wat wissel van die ligte en speelse tot die nostalgiese en ontstellende, word Donkermaan ´n besinning op liefhê en oud word, op skuld en onskuld, op verlies en wanhoop en hoop, op drome en werklikheid, op verantwoordelikheid teenoor hede, verlede en toekoms.

“Peter Carey, Garcia Marquez, Solzhenitsyn – André Brink is in dieselfde klas” – The Gaurdian.

Die Engelse weergawe van die boek word uitgegee deur Random House as The Rights of Desire.