Program vir 14de Klassique bied klassieke verskeidenheid

Klassieke musiekliefhebbers kan gereedmaak vir ’n propvol program van klassieke musiek by die 14de Klein Karoo Klassique op Oudtshoorn.

Carmen – in die kleine

Hierdie konsertweergawe van een van die gewildste operas in die klassieke kanon is spesiaal vir hierdie geleentheid gereduseer tot ’n uurlange werk, sonder om enige
integriteit van die oorspronklike stuk in te boet.