Blou / Blues

Die groepuitstalling Bloue / Blues is tans in die Breytenbach-galery in Wellington. Sowat 15 kunstenaars, insluitende Louis Jansen van Vuuren, Marinda du Toit, Jennifer de Charmoy en die Wellingtonner Elsibe McGuffog se werke kan gesien word. Toegang is gratis en die uitstalling duur tot 18 Julie.

Program vir 20ste KKNK

“Met ’n verskeidenheid bekende stemme, geharde stemme en nuwe stemme, klink die program van die
twintigste kunstefees op Oudtshoorn, soos ’n koor in harmonie.”

Twintigste Absa KKNK spog met ‘n propvol program

Wie sou kon raai dat wat 21 jaar gelede begin het as ‘n klein idee gedryf deur die passie van ‘n paar mense sou groei tot die KKNK wat ons vandag ken.