Die rolprente wat vanjaar by die Silwerskermfees vertoon gaan word, asook die rolverdelings van die vyftien kortfilms wat hulle debuut by die fees maak, is onlangs bekend gemaak.
Vollengte rolprente wat vir die Silwerskerm-toekennings in aanmerking sal kom en dus deel van die kompetisie is, is:
Dis Koue Kos, Skat
Wanneer Clara Brand uitvind haar man, Bernard, is besig om haar te verkul met haar vriendin en kollega Anais, begin Clara ’n nuwe lewe in die Kaap saam met haar twee kinders. Die rolprent is gegrond op ’n boek deur Marita van der Vyver en het Anna-Mart van der Merwe, Deon Lotz, Elzabé Zietsman, Frank Opperman en Angelique Gerber in die rolverdeling. Die regisseur is Etienne Fourie.
Johnny is Nie Dood Nie
Christiaan Olwagen, ’n bekroonde dramaturg en teaterregisseur, maak sy debuut as filmregisseur met hierdie rolprent oor ’n groep studentevriende in die laat 1980’s in die tyd van die Voëlvry-beweging, militêre diensplig en die Grensoorlog. Rolanda Marais en Albert Pretorius is van die spelers in die rolverdeling.
Noem My Skollie
Vier tienerseuns, AB, Gimba, Gif en Shorty, woon op die Kaapse Vlakte en probeer hulle bes om die bendes van die area te vermy. Ná AB ’n traumatiese ondervinding het, besluit hulle egter om hulle eie bende te stig. ’n Paar jaar later word AB (Dann-Jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) in hegtenis geneem en tronk toe gestuur.
AB gebruik sy talent as storieverteller om die ander gevangenes te vermaak, en wanneer hy vrygelaat word, wil hy sy meisie, Jenny (Tarryn Wyngaard), met sy skryftalent beïndruk. Die res van die bende oortuig hom egter om ’n laaste keer by hulle aan te sluit.
Die verhaal van Skollie is gegrond op die ware verhaal van John W Fredericks, ‘n wêreldbekende draaiboekskrywer. Die fliek speel in die 1960’s af.
Sy Klink Soos Lente
Ben, ’n werktuigkundige, en Linda, ’n slim rooikop, se paaie kruis. Ben herken haar dadelik en weet dat sy sy baas se dogter is, maar sy weet nie wie hy is nie. Om haar te beïndruk, sê Ben vir Linda hy is in ’n band. Om die wit leuen waar te maak, begin hy saam met ’n paar van sy kollegas ’n band en skryf vir ’n battle of the bands-kompetisie in. Met Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster, James Cunningham, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch en Tina Kruger. Die regisseur is Corné van Rooyen.
Tess
Die rolprent is gegrond op die boek Whiplash en vertel die verhaal van Tess, ‘n sekswerker, wat swanger raak en alles in haar vermoë moet doen om nie toe te laat dat haar verlede haar lewe verswelg nie. Met Christia Visser, Nse Ikpe-Etim, Brendon Daniels, Lee-Ann van Rooi, Quanita Adams en Greg Kriek.
Die dokumentêre rolprente wat vertoon gaan word en ook vir die toekennings in aanmerking kom, is:
Alison
Die verhaal van Alison Botha se skrikwekkende verkragting en brutale aanval in Desember 1994 en haar reis na oorlewing. Alison is ’n verhaal van dapperheid, krag en hoop.
Dorpstad: Unwrapping a Cool Capital
Twee argitekte van Pretoria het in 2014 hulle eie kuns-biennale geskep en mense van Pretoria geïnspireer om nuwe en opwindende kuns regoor die stad te skep.
I Made a Film That You Will Never See
’n Rolprent oor Michiel Kruger, wat ten spyte van die feit dat hy sy sig op 14 verloor het, verskeie sportrekords verbeter het.
Noboby’s Died Laughing
’n Dokumentêre rolprent oor die lewe en loopbaan van Pieter-Dirk Uys.
Op Pad
Die bekroonde joernalis Dana Snyman reis deur die land op soek na homself en op soek na hoop.
Portret: Lien Botha
’n Dokumentêre rolprent wat die kunstenaar Lien Botha binne die wyer Suid-Afrikaanse gemeenskap kontekstualiseer. In die proses word die verwantskap tussen kuns en die werklike lewe uitgewys en dit dien ook as getuigskrif van waar die idees in die werk ontstaan. Portret poog om visuele kuns vir die kyker te demistifiseer. Die kyker kry die geleentheid om die verstaan van die potensiaal van wat kuns kan wees, op ’n vermaaklike manier te ondersoek. Die titel, Portret, sinspeel nie net op die woord “portret” as ’n genre binne visuele kuns nie, maar suggereer ook ’n dieptestudie van ’n individu.
Die vyftien kortfilms wat gekies is om deel van vanjaar se fees te wees en dus ook vir die toekennings in aanmerking te kom, is by hierdie skakel: 2016 Silwerskermfees: Die kortfilms.
kykNET het vanjaar ’n sestiende projek geïdentifiseer wat nog nie gereed is vir uitvoering nie, maar baie potensiaal toon. Die projek se skrywer gaan onder leiding van kykNET se bekwame opdraggewende vervaardigers die draaiboek verder ontwikkel en dit sal by volgende jaar se kortfilmprojek ingesluit word. Die titel van die film en die naam van die skrywer sal in Augustus by die Silwerskermfees bekend gemaak word.
Vollengte rolprente wat vertoon sal word, maar nie deel van die kompetisie is nie, is:
Eintlik Nogal Baie
Happiness is a Four-Letter Word
Kalushi: The Story of Solomon Mahlangu
Vir Altyd
Wonder Boy for President
Die bestaande kortfilms op die fees is:
Daniel Munro
How to Kill a Girl Named Amanda
Scapegoat
Stukkend
The Discovery of Fire
The Great Gatsby: Redemption
The Man With the Heavy Leg
Transito
#silwerskermfees2016
2016 Silwerskermfees
“Jy’s kwaad vir die hele wêreld. En jou enigste wapen is ’n rugsak vol woorde.”
Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat.
Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane?
Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het?
Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin.
Al wat ek weet
Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet …
Al wat ek weet / Marita van der Vyver — Lapa, 2016 ; sagteband. — ISBN 9780799378993
Al wat ek weet,
Bettie Blom,
3 Julie 2016.
2
Die SAPPI boeke-crawl is jaarliks die hoogtepunt vir innibos-feesgangers wat op soek is na ’n unieke ervaring rondom boeke en musiek. Vanjaar vat jy die pad na Sudwala Lodge, Pierre’s Mountain Inn en tot diep in die maag van die Sudwala-grotte. Dit is soos pub crawling, maar hier word agter woorde en wysies aan gecrawl. Die crawling skop af by NG Westergloed se parkeerterrein waar feesgangers op ’n bus klim en al kuierende reis tot by Sudwala.
Vier verskillende venue’s by Sudwala is deel uit van die crawl. Ligte eet- en drinkgoed is op die spyskaart om die ergste koue en honger hok te slaan.
Sudwala Lodge se atmosfeerryke restaurant is die eerste stopplek. Hier gaan ons luister na stories van wyle Chris Barnard soos voorgelees deur Paul Eilers, afgewissel met sang en musiek deur Steffie le Roux, Werner Ferreira en Pieter Ganswyk. Dit is ’n gedeelte van die gewilde program Chriskras wat by die Woordfees, KKNK en RSG-kunstefees opgevoer is.
Dan stap ons na ’n intieme ruimte waar die Fiësta-wenner Wessel Pretorius verskeie gedigte uit die kanon van Afrikaner helde, legendes en mitiese figure voordra op sy eiesoortige briljante manier.
Nadat ons die steil kronkelpad baasgeraak het na die heuwelkruin, kuier ons verder op die oop dek van Pierre’s Restaurant met wye uitsigte eie aan die Laeveld. Sangeres Natascha C en pianis Henry-John Williams is ook eie aan dié landskap as Nelspruitse kunstenaars. Natascha C ontgin met haar ryk stem die wortels van haar taal: ’n hartstaal met sy oorsprong in Nederlands (haar huistaal), Frans (haar ouma se geliefde taal), Afrikaans (haar man se taal) en Engels (die taal van die 21ste eeu).
Die oer-oue hart van die Sudwala-grotte is die laaste luisterplek en hoogtepunt. Hier sal Marita van der Vyver, bekroonde skrywer wat al die pad uit Frankryk kom kuier, van haar verhale voorlees terwyl Elvis Blue die musiek verskaf. Die grotte sal eggo, en dié ervaring behoort jou lank by te bly.
Jy staan ook ’n kans om ’n SAPPI Voëlboek met klanklesers wat R1 200.00 werd is, te wen. Tydens elke crawl gaan daar ’n gelukkige trekking wees; maak seker jy kry ’n inskrywingsvorm.
Met woorde, sinne, verse, verhale en musiek is die SAPPI boeke-crawl ’n eiesoortige en unieke woordreis.
Met Paul Eilers, Steffie le Roux, Werner Ferreira, Pieter Ganswyk Nel, Wessel Pretorius, Natascha C, Henry-John Williams, Marita van der Vyver en Elvis Blue.
Datum en tyd: Do 30 Junie om 13:00, 15:00 en 17:00
Plek: Sudwala Lodge en -grotte
Tydsduur: 240 minute
Gradering: Volwassenes
Kaartjieprys: R302 (ligte verversings en drinkgoed ingesluit)
Busse vertrek vanaf NG Westergloed se parkeerterrein, Koraalbooon 36.
Natascha C
Maar die bed is vreemd, en Daniel voel baie ongemaklik … hy verlang na sy eie kamer en sy eie bed. En hy hoor geluide! Dit klink soos … soos ‘n hele trop OLINOSTERS wat op die dak dans en spring!
Die boek word volgende maand uitgereik.
Olinosters op die dak / Marita van der Vyver — Human & Rousseau, 20 Februarie 2015 — 32 p. ; sagteband. — ISBN 9780624069171
2.5
Marita van der Vyver en haar nuwe boek Winterkos in Provence is die fokus van ’n spesiale skrywersete wat op Saterdag 19 Julie deur die Grande Roche Hotel, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en NB Uitgewers, in die Paarl aangebied word.
Die geleentheid begin om 18:00 en sluit ’n viergang maaltyd in met spesiaal uitgesoekte wyne. Kaartjies vir die skrywersete kos R495. Twintig persent van die kaartjieverkope gaan aan die Taalmuseum se Laat ons Lees!-projek.
(via Kookkuns.com)
’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken.
Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk.
En wat gebeur toe?
Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis.
En wat gebeur nou?
Hulle trek. En nie waarheen nie … Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas.
’n Fontein voor ons deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek.
‘n Fontein voor ons deur
Koop / Buy ‘n Fontein voor ons deur >> (sagteband)
Koop / Buy ‘n Fontein voor ons deur >> (eBoek)
‘n Fontein voor ons deur / deur Marita van der Vyver — Tafelberg, 15 September 2013. — 248 p. ; sagteband. — ISBN 9780624064305 : R 200.00
2
Marita van der Vyver se Die blou van onthou
Brand Pretorius se Aan die stuur: My leierskapsreis
Koop / Buy Die blou van onthou >> (sagteband)
Koop / Buy Die blou van onthou >> (ePub formaat / DRM)
Koop / Buy Aan die stuur: My leierskapsreis >> (sagteband)
Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy ‘n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat ‘n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook dié van die volgende twee geslagte onherroeplik verander.
Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek. Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken.
Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van ‘n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en móét onthou.
Saudade, leer Colette in Portugal, is die liefde wat bly nadat die voorwerp van die liefde verdwyn het. Die blou van onthou is ’n wydstromende rivier van ’n roman, ’n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.
♦♦♦
Die blou van onthou / deur Marita van der Vyver — Tafelberg, 1 Oktober 2012. — 360 p. ; sagteband. — ISBN 9780624055181 :
Koop / Buy Die blou van onthou >> (sagteband)
Koop / Buy Die blou van onthou >> (ePub formaat / DRM)
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Die blou van onthou, Marita van der Vyver
Ons maak ons kennis met Clara Brand, korrespondent van faam. Sy skreeu om wraak, want haar man het haar gelos vir een van haar vriendinne!
Dis ’n vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming. Dit skitter, ontplof, skok en verkwik en sal vroue én mans vermaak. Elzabé Zietsman – nie die kabaretster nie, maar die uitmuntende aktrise – is Clara. Verwerk deur Alexa Strachan en geregisseer deur André Odendaal. Moenie dit misloop nie.
Gebaseer op die boek van Marita van der Vyver.
Vanaand by die Joburg Promusica Teater in Roodepoort!
Ek sal wag | Roekeloos
2018-04-11 11:39:26