Lag, huil en word meegevoer deur hierdie gepoleerde vertoning wat ons almal se menswees aanspreek.
Die lewe marineer ‘n mens.
Pa Ben is op sy sterfbed omring deur sy gesin.
In hierdie drama kom krap ’n vreemdeling, Koot, met sy lorrie, sy wyn en sy kitaar almal se lewens deurmekaar.
Ná 28 jaar se huwelik, ‘n paar daarvan selfs gelukkig, twee pragtige seuns, een wat swot en een wat saambly, sê hy een middag hy wil ‘n Harley koop en skei.
Sy is die bedonnerde vrou wat hul Magda noem. ‘n Ma, ‘n lover, ‘n séance en ‘n vrou in haar oorgangsjare.