My oë, gevul met ‘n diep donker staar in die verte oor velde van niet – waar wolke die skynbare skeiding lek-lek van hemelblou wat die hoogte in op roep na daardie einste een waarvoor ek wag. Tienduisend engele het hier geval, want keuse is soos melaats. ‘n Virus van vuil wat die gesiggies vlek van kinders onder die swart vlerke van smart waar hulle rondskarrel opsoek na verlore trane, om net hul vuil gesiggies mee te skoon. Ek haat sulke gediertes, graag sal ek hulle wil laat sterf – graag sal ek my wysvinger laat stram om ‘n gat deur hul harte te kan druk.
Hoe durf jy my kindertjies laat huil?
Die ruim blou waaronder ons Hel woed – sonder versuim mekaar vertrap en doodskiet soos sleg diere vermoor – weerkaats sinneloos in die trane van ‘n gebliksemde kind. Die blouoog kind wie se ma sê ek is dood. Koud prik die naald my opgeswelde groen – tot in nimmer skaad ek my aangesig soos die bose my aangluur van benede – kan jy sien, kan jy sien? Kan jy sien hoe koud die dooie lê in blou-gewaad na drie messteke wat sy longe gebars het. Daar in sy eie bloed swak – tyd was toe teen hom en wraak het hom laat verkluim. ‘n Sagte poeier blou in sy gesig, met die diep rooi skadu’s teen die muur.
Blou is die vingers van die veertien maande na ‘n plastieksak oor haar koppie. Die moegheid het haar moeder gesteel, en sonder om te wonder het sy haar wreedheid laat gaan en haar kleinding versmoor. Of te waar sal ek sê tyd is der booswig se swaar vinger teen ‘n koue sneller – wat met sy skerp blou ogies glinster en glimlag in die diep donkerte, hy wag. Hy wag vir daardie laaste struikel en met een klik blaas jou des moers. ‘n Vinnige swig van sy arm op tot teen sy verrimpelde, droë lippe wat tuit blaas hy die rook hemel toe.
So julle klomp vokkers, sê tog vir my – waar is die trotse Oranje-Blanje-Blou dan nou? Goedkoop weg gehoer soos tien talle wat verkoop moes word om sterwend hierdie stukkie grond onder jou gat te koop? Waar is die blou in jou bloed? Dit is ook weg, weg met jare en jare se vuil omgang om hoekies waar miskien jou miskyk, of eerder wegkyk. Gatkruipery draai elke keer om en steek jou net hier, hier tussen die sesde en sewende rib.
Vier moerige kneukels los die vokken koei bloedneus en met twee toegeswelde, potblou ogies waar sy nog roggel aan gisteraand se veiligheidstewel in die maag. Omdat pappa mos gesê het sy moet haar bekkie toe maak, of hy bliksem dit vir haar toe wou mos nie luister nie. Sy moes hom tempteer, pappa raak mos boos as mamma aan hom krap. Pappa is mos baas met sy brandewyn asem en geswete voorkop, sy ghries-gevlekte naels en een goue tand staan hy swaard gereed met sy sagte blou oë gereed om vir mamma weer teen die kop te moer!
Is die blou jou bly – of is die blou jou huil?
bydrae: Düvlen
Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.