Na die enorme sukses van ons 2009-karnaval bied die Woordfees weer groot en veilige pret vir oud en jonk.
Die Baljaar-Bonanza! is ‘n pops-vertoning met André Schwartz, Sarah Theron, Timothy Moloi, Sterling EQ en die US Simfoniese Blaas-ensemble o.l.v. Pamela Kierman.
Vir die eerste keer – spesiaal in die sokkerbal-jaar!
Die elfde US Woordfees buit in die spesiale (sokker)baljaar die dubbelsinnigheid van dié eg-Afrikaanse,
onvertaalbare woord uit deur baldadig en speels met die wêreldbekertema te baljaar.
Die entoesiasme en standaard van toneeltekste wat inskryf vir die Nagtegaal teksprys bewys dat Afrikaanse teater aan die lewe gehou word deur hoopvolle en talentvolle dramaturge.
Hierdie eenvrouvertoning lei ons met deernis, humor en wysheid deur die lewe van die 81-jarige Magdaleen, op die dag waarop haar geliefde naaimasjien verkoop word.
Die atmosfeer van die blou uur – die wasige vroeë skemering van versugting, romantiese drome en
te soet aandblomme.
Hierdie genotvolle jeug- en gesinsteaterproduksie is gegrond op die veelbekroonde jeugboek deur Jaco Jacobs.
Die drie Sotternieën in die styl van die Vlaamse commedia dell’arte sal beslis toeskouers se fantasie kielie.
Uys Krige se bekende, gewilde en klassieke komedie is die Woordfees se baie spesiale Lag-Lag Tien Jaar feesdrama!
Audrey Blignault het hierdie voorstelling van haar lewe, in die meesterlike verwerking van Juanita Swanepoel, self as ’n hoogtepunt bestempel.
In die eerste eeu van die Kaapse besetting is duisende mense van Afrika en die Ooste na die Kaap verskeep, en hier as slawe verkoop.
Danie Botha het die immergroen en baie gewilde P.H. Nortjé se
lekkerste stories gekies vir sy 88ste verjaarsdagviering in
Wellington.
Onlangse kommentaar