Aantrekkingskrag

Deon Opperman se nuutste drama, Aantrekkingskrag, maak sy debuut by Aardklop 2011.

Soos planete wentel mense om mekaar – daar gehou deur die aantrekkingskrag tussen hulle. ’n Krag wat nes dié tussen son en aarde – onsigbaar, maar alomteenwoordig en meedoënloos – sy houvas uitoefen op verhoudings tussen man en vrou, vrou en vrou en man en man.

Met: André Odendaal (Aardklop-wenner vir beste akteur in 2010), Johan Scholtz, Hanli Rolfes, Franci Swanepoel en Elné Pretorius
Regie en stelontwerp: Deon Opperman
Vervaardiger: Packed House Productions

Aardklop 2011

Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds.

Première.

Sanlam-ouditorium – 80 min. – R110. 4 Okt. – 20:30, 5 Okt. – 14:00, 6 Okt. – 18:00, 7 Okt. – 09:00, 8 Okt. – 18:30

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar