Roekeloos ,
26 Augustus.
’n Sterbelaaide rolverdeling in ’n nuwe verwerking van Anton Tsjechof se klassieke meesterstuk.
Die temas is tydloos: ’n seun probeer sy ma beïndruk, iemand droom van roem, ander het versugtings om verledes te verander. Almal is onvergenoegd. Almal smag na liefde, na sukses, na vervulling.
Die seemeeu verken emosie, kreatiwiteit en liefde met die presisie van ’n wetenskaplike, maar ook ’n passievolle digtershart. ’n Tragikomiese ode aan onvervulde liefde.
Première
Met: Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Gerben Kamper, Alyzzander Fourie, Rolanda Marais, Martelize Kolver, Albert Pretorius, Geon Nel en Cintaine Schutte
Teks: Anton Tsjechof
Verwerking en vertaling: Saartjie Botha
Regie: Christiaan Olwagen
Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Tydsduur: 120 minute
Kaartjies: R 130
Plek: Sanlam Ouditorium, Potchefstroom
Datum: 7 Oktober 20h00, 8 Oktober 09h00, 9 Oktober 20h00, 10 Oktober 09h30 & 11 Oktober 16h30
Lewer kommentaar