Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
In die eerste eeu van die Kaapse besetting is duisende mense van Afrika en die Ooste na die Kaap verskeep, en hier as slawe verkoop. Diegene wat nie aan Vryburgers verkoop is nie het die eiendom gebly van die Vereenigde Oost-Indische Compagnie (VOC) en is in slawelosies aangehou.
Aan die hand van een so ‘n slavin, Ansela van de Caab, belig hierdie toneelstuk ‘n donker deel van die geskiedenisboeke. Die herkoms van ‘n groot groep Suid-Afrikaners is hier ter sprake.
Ansela van de Caab is gebore in ‘n slawelosie. As jong meisie ontmoet sy ‘n Duitser, Laurens Campher, en hulle raak verlief. Twee mense uit wêrelde wat hemelsbreed verskil.
Hy het na die Kaap gevlug om ‘n lewe vir homself te skep. Sy is in kettings gebore en word minder werd geag as ‘n plaasdier.
Hierdie is Ansela se verhaal. Dit is ‘n Bolandse verhaal. Dit is ‘n Kaapse verhaal. Dit is ons geskiedenis.
Met Nicole Holm en Jan-Hendrik Opperman in die rolverdeling.
Die regie word behartig deur Esther von Waltsleben, wat ook die teks geskryf het.
Woordfees 2009
10 Maart 18:00 ● 14 Maart 10:00 ● 15 Maart 18:00 ● Klein Libertas Teater ● 60min ● R65
Dit is ook by die KKNK 2009.
Related posts:















Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.