// jy lees ...

Kortliks

Big Blue Fees 2010

Kom vier die somer, son en see in Kleinmond met Die Big Blue(s) Fees vanaf 8-10 Januarie 2010.

Van Suid-Afrika se mees gewilde Rock-, Blues- & Jazz-kunstenaars gaan langs die gewilde Kleinmond lagune drie dae se wêreldklas vermaak verskaf. Die fees bied ook ‘n verskeidenheid familie- en pretaktiwiteite aan: kindervermaak (ponieritte, plaasdiere, springkastele, kompetisies); “paintball”; kunsstalletjies; uitstallings; kosstalletjies (met onder andere vars seekos & heerlike potjiekos); ‘n gesellige biertent, Overberg wynstalletjies en sportkompetisies soos die “TotalSports Challenge”, bergfietsresies, nagmarathon, strandmyle, vlugbal, gholf en nog meer! Daar is ook ‘n “KidsCan! I-Sing”-kompetisie en ‘n “Kleinmond Het Talent”-kompetisie. Kampering is beskikbaar, asook ander akkommodasie-opsies in Rooiels, Pringlebaai, Bettysbaai en Kleinmond.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Foto na Dans, New Holland en Pretty Blue Guns
  2. Blue Moon Rockkonsert
  3. Maroelafees
  4. Fees van kunste vir die Suid-Kaap
  5. KidsCan! Talentkompetisie

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site