Die gevierde dramaturg Deon Opperman lewer ’n ode aan die mens se taaiheid te midde van weerloosheid.
Elsabé Daneel beeld vyf uiteenlopende vroue uit. Onderskeidelik verwerk hulle die trauma van onvrugbaarheid, aborsie, verkragting, die weggee en selfmoord van ’n kind, asook om wit te wees in Afrika. Hul verliese is bitter swaar, maar
die soetheid lê in elkeen se dapper reis om heel te word en met die alledaagse lewe voort te gaan.
Opperman se insig in die psige van die vrou maak die vyf sketse toeganklik vir sowel vroue as mans.
Met: Elsabé Daneel
Regie: Juanita Swanepoel
Aardklop 2012
Première
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/14
POK-hoofsaal, Potchefstroom
Tyd: 70 minute
Kaartjies: R100
Datum: 2 Okt. – 09:30, 3 Okt. – 13:30, 4 Okt. – 17:00, 5 Okt. – 20:00, 6 Okt. – 17:00

Lewer kommentaar