Bizzie Lizzie

Die gewilde Rooi Rose rubriek Bizzie Lizzie is ook in klank en kleur op die verhoog.

Lizz Meiring, skrywer en skepper van Bizzie Lizzie se slimskerp sêgoed, baljaar baldadig in die eenvroustuk. Dis aweregs, oorspronklik, hartroerend en skreeusnaaks.

Die raakvat temas vanuit die rubrieke, is nou volbloed sketse en karakters erg eerlik, ongeskik vreugdevol, en warm menslik.

Die regie word deur veteraan aktrise en regisseur Annalise Bosch, hanteer. Kosie Smit se fantasie stel en beligting, Coenraad Rall se nuutsgeskepte klankeffekte, omvorm die tydskrif essays, tot ‘n drie dimensionele feesviering van vermaak. Johan Hendriksz is tegniese regisseur, en ontwerper Thomas Thomson kleur in met kostuums.

Bizzie Lizzie is Meiring op haar mespunt skerpste.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply