Bloedbroers

Bloedbroers is ‘n vertaling van die bekroonde skrywer Athol Fugard se The Blood Knot. The Blood Knot is ‘n stuk vol deernis en liefde.

Die Afrikaanse weergawe word vanjaar vir die eerste keer by die KKNK opgevoer. Die regie is deur Zane Meas, wat self in die oorspronklike stuk gespeel het.

Bloedbroers is ‘n verhaal oor ideale, drome, verhoudings, maar veral oor een van die hegste bande wat gesluit kan word: broederlike liefde sonder enige kleurgrens.

Die storie is deur die moderne samelewing geïnspireer, maar neem ons ook terug na die tye waarvan ons almal wil vergeet, waar die waarde wat aan menseverhoudings gekoppel moet word, so oorgedra word dat dit elke gehoorlid tot diepe nadenke sal stem. Die oorspronklike weergawe word verbeeld met nuwe idees en ideale.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply