// jy lees ...

Teater

Blou uur

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

’n Eksentrieke tante trek by haar suster op die Vrystaatse platteland in na ʼn mislukte buitelandse reis agter die liefde aan. Haar teenwoordigheid in die donker spaarkamer en haar vertellings verander die lewe van ’n
jong dogtertjie onherroeplik. Die kind raak, soos haar ma en ouma, vasgevang in die tante se sfeer: die atmosfeer van die blou uur – die wasige vroeë skemering van versugting, romantiese drome en
te soet aandblomme.

Blou uur is ’n nostalgiese, bittersoet, maar ook komiese verkenning van die liefde en ‘n terugblik op die verlede, en die opofferings wat vroue bereid is om daarvoor te maak.

Die stuk was die wenner van die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys (2008) en die Beeld/Aardvark-prys vir grensverskuiwende teater.

Teks: Reza de Wet.
Met Antoinette Kellermann, Aletta Bezuidenhout, Mary Dreyer, Roelien Daneel en Andrea Pienaar.
Regie: Marthinus Basson.

Blou uur

Blou uur

Woordfees 2009
11 Maart 19:30 ● 14 Maart 15:30 ● HB Thom Teater ● 80min ● R80

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Blou labarint
  2. Oulap se blou
  3. Kruidjie roer my – die verhoogstuk
  4. Blou Bulle: 70 Jaar van Glorie
  5. Op ‘n klein blou ghoen

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] se KKNK het pas ‘n aanvang geneem op Oudtshoorn. Op die foto bo is ‘n toneel uit Blou uur, ‘n grensverskuiwende drama wat deel is van 2009 se [...]

    Geskryf deur Roekeloos | KKNK begin | 4 April 2009, 07:31

Switch to our mobile site