Philip de Vos is alombekend vir sy lustige limerieke en filosofiese rymelary. Hierdie produksie is ‘n samestelling van die virtuose Philip de Vos se verse in die vorm van ‘n moderne sprokie.
Maak kennis in hierdie maltrap poësie-program met ‘n (vet) feë, ‘n padda, ‘n prins, ‘n mielie en ‘n kreef (om maar ‘n paar te noem)!
Vermaak vir die hele familie met hier en daar ‘n klein ietsie wat dalk onder die kombers hoort …
Met: Wessel Pretorius & Cintaine Schutte
Regie: Juanita Swanepoel
Vervaardiger: Klein Libertas Teater
Klein Libertas Teater, Stellenbosch
15 & 17 Augustus
Tyd: 20h15
Kaartjies: R90 (2 = R80 elk, 4 = R70 elk, Studente = R55)
Besprekings: info@kleinlibertasteater.co.za of 021 883 8164
Lewer kommentaar