AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek BreinBliksem kom huis toeFanie Viljoen se bekroonde jeugroman Breinbliksem gaan die Volksblad-kunstefees vanjaar skud. Die verhaal, wat in Bloemfontein afspeel, kom as't ware met hierdie produksie van Hennie van Greunen huis toe. Teatergangers sal verras wees om te sien hoe beelde van die stad in die grondverskuiwende produksie vervleg is, net om jou oomblikke later midde-in 'n rockkonsert te laat beland. Rock. Moord. Egskeiding. Seks. Dwelms. Diefstal. Drome. Voorspellings. Patologie. Waansin. Kru en gemengde taal maak alles deel uit van die verhaal. Soos die plakkaat lees: As Pappa en Mamma dink die dinge bestaan nie in jou lewe nie, ruil jou kaartjie en kuier die dag in 'n musiektent met die ander comfortably numb idiote. Want die show gaan jou brein bliksem ... Breinbliksem was onder die top 10-produksies by die KKNK en het mense behoorlik aan die praat gehad. Die akteurs is Viljé Maritz, Anushka Life, Rudi Brand, André Terblanche en Julia Strydom - almal onbekende name, maar hulle gaan jou wind behoorlik uitslaan! Op die produksie se Facebook-groep (bbx-Breinbliksem) sę tieners wat die produksie by die KKNK gesien het die volgende: Chrismarie Enslin: "Dit was 'n ongelooflike show. Ek het dit twee keer gaan kyk en toe sommer vinnig die boek gelees. Vir al die actors, julle mag maar hoor!" Juan John Karpakis: "Ek is nou nie 'n big fan van Afrikaanse shows nie, en het maar met baie gesug die Breinbliksem show saam met my pelle gaan kyk, maar ek was pleasantly surprised. Die cast was uitstekend en hoef glad nie terug te staan vir ons local celebs nie. Aan almal wat aan die show gewerk het, great stuff. Breinbliksem het my oortuig daar is great Afrikaanse shows daar buite." Panna Dekker: "Ek is nou nog effe gedrain ná ek dit beleef het ... incredible. Wat 'n einde! Baie geluk aan julle almal, dit was die beste produksie op die fees. Hoop julle bring hom Kaap toe, dan kom ek most definately weer." Daar is nog kaartjies beskikbaar vir Breinbliksem. Moenie die kans deur jou vingers laat glip nie. Breinbliksem is te sien by die André Huguenet-teater op 8 Jul 18:00, 9 Jul 10:00, 10 Jul 15:00, 11 Jul 09:30. Dit duur 90 minute en kaartjies kos R60. Bespreek by die Sand du Plessis teater, Izami Bloemiste, die inligtingtoonbank in Mimosa Mall of skakel PACOFS by 051 447 7772. |