// jy lees ...

Teater

Broken Glass

Die Britse akteur Anthony Sher is tans in Suid-Afrika vir Arthur Miller se aandoenlike Broken Glass in die Fugard-teater in Kaapstad. Hy het onlangs groot lof ontvang vir sy vertolking in die rol by die Tricycle-teater in Londen. Dié tweemalige wenner van die Olivier-toekenning is in Suid-Afrika gebore.

Broken Glass fokus op ’n Joodse paartjie in New York in 1938. Die gehoor spandeer tyd in hulle binnekamers en leer hoe hulle lewens vir altyd verander word deur die anti-Semitiese gebeure in Nazi Duitsland.

Broken Glass se rolverdeling bestaan verder uit Suid-Afrikaners; Susan Danford, Claire Berlein, Stephen Jennings, Patrick Lyster en Anthea Thompson. Janice Honeyman is die regisseur.

Broken Glass speel by die Fugard tot 16 April.

Anthony Sher

Anthony Sher

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Related posts:

  1. Slegs glas – Glass only
  2. Die kaptein se tier
  3. Tekste vir Sanlam-teaterprys toon belofte
  4. Victory
  5. Oom Wanja haal vier Fleur du Cap-toekennings

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] Sher, Broken Glass Carel Nel, Die Rebellie van Lafras Verwey Dawid Minnaar, Purgatorio Khayalethu Anthony, Solomon [...]

    Geskryf deur 2012 Fleur Du Cap-benoemings « Roekeloos | 7 Februarie 2012, 16:37