// jy lees ...

Teater

Derde Party

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Drie krismispaarties oor drie jaar, bygewoon deur drie ooglopend gelukkig getroude paartjies, ‘n derde party en ‘n hond wat weier om by sy eie huis te bly.

Obsessiewe kompulsies, neuroses, ‘n bankbestuurder se vrou met ‘n drankprobleem, ‘n argitek wie se geboue, soos sy lewe, om hom inmekaartuimel en ‘n huisvrou wat deurlopend en onsuksesvol probeer selfmoord pleeg, vorm deel van dié skreeusnaakse blik op die menslike kondisie.

Mens kry min die geleentheid om ‘n verfynde Britse komedie in Suid-Afrika en in Afrikaans op die planke te sien. Met sy ontbloting van die menslike psige is die komedie geskoei op werklike mense in werklike situasies. En dit is juis in die herkenbaarheid van hierdie bittersoet gebeurtenisse waar die trefkrag van die stuk lê.

Verwerking: Martelize Kolver
Regie: Juanita Swanepoel
Met: Stephanie Hough, Gaerin Hauptfleisch, Susanne Beyers, Johann Nel en Martelize Kolver

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Moeders en Dogters
  2. 5’4”
  3. Die ryk weduwee
  4. Bohaai oor Boggerol
  5. Diensmeisies

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site