// jy lees ...

Teater

Die Ander Marta

Die Ander Marta is ‘n eenvoudige verhaal, maar so aktueel dat dit gehore op KKNK 2005 verstar gelaat het. Die vrou is die ruggraat van die samelewing – dink aan die beelde van moeders, met kinders aan hulle voete; die vrou wat die roers laai in oorloë, die vrou wat die mode voer met wat sy tot haar beskikking het. Die vrou wat so gereeld soos daglig die slagoffer is van die onvermoë van mans om hul emosies te kanaliseer, die onopgevoedheid van mans wat die vrou as ondergeskik sien, die oudmodiese man wat die Bybelse ‘mindere’ uitdrukking letterlik opneem, en sy vennoot in die huwelik as slaaf sien. Die Ander Marta is gegrond op ‘n gelyknamige roman van Eleanor Baker. In hierdie boek neem een vrou die dapper stap, wat hedendaags eintlik redelik algemeen voorkom – sy loop. Celeste van Rooyen vervaardig dapper hierdie produksie, en met beligting, luim, en passievolle intieme oomblikke word die eenvoudige verhaal van ‘n vrou se eerste tree na vryheid ‘n belewenis. Albert Maritz het die regie behartig vir hierdie stuk by die pas afgelope Kalfiefees in Hermanus.

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Die ander helfte
  2. Varke, Marbles en ander Verlore Goed
  3. Die ander kant

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site