// jy lees ...

Teater

Die Dinges is ’n Watsem – Jan Spies kom tot verhaal

Kom beleef in hierdie produksie die eiesortige humor van Jan Spies – die koffie-kapitaal-man.

Dié bobaas-storieverteller, skrywer, akademikus en volkslegende se sappige, ongewone en slimsnaakse stories kry ’n nuwe dimensie op die verhoog. Sy geliefde verhale word in klank en kleur met ’n titseltjie vermaaklike geur vertel.

Die bekroonde Johan Engelbrecht het getrou aan Spies se uitsonderlike manier van ‘n ding stel, sy werk verwerk tot ’n verhaal-met-‘n-kinkel-verhoogstuk.

Die Dinges is ’n Watsem vier die wonderlike halstarrigheid, planmakery en natuurlik die rariteite van ons eie kultuur en word dié aardse wyshede met fyn humor planke toe gebring.

Die Dinges is ’n Watsem is geskik vir almal bo 10, want oud en jonk sal betower word deur die sjarme en snaaksighede en slimmighede van wyle Jan Spies.

innibos 2009

Met Lizz Meiring, Deon Coetzee en Johan Engelbrecht.
Teks: Jan Spies verhale verwerk deur Johan Engelbrecht
Produksie: The Sixth Sense
Gradering: Geen 0/10
Datum en tyd: Vr 3 Jul 15:00, Sa 4 Jul 14:00
Venue: St. Peters Skool
Tydsduur: 70 min
Prys: R87

Related posts:

  1. Die Dinges is ‘n Watsem
  2. Die ongelooflike verhaal van God
  3. Red River Valley
  4. Die merkwaardige verhaal van dokter Barry
  5. Tolla van der Merwe – Ek is ‘n rekkie

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.