// jy lees ...

Teater

Die laaste Afrikaanse superhero

Die laaste Afrikaanse superhero
Roekeloos

Die laaste Afrikaanse superhero is ’n handleiding vir die moderne man met outydse waardes; ’n stuk waarin die komiese akteurs Leon Kruger en Esther von Waltsleben vir die eerste keer kragte saamspan.

Mans wil soos hy wees en vrouens wil hom hê! Dit is die storie van Pieter Vermaak, ’n doodnormale Afrikanerseun, sy naam kon net sowel Boeta gewees het.

Pieter droom daarvan om eendag iets groots te doen, iets wat die wêreld ’n beter plek kan maak, iets
wat hom kan laat uitstyg bo die res.

In ’n wêreld sonder helde – Superman se rooi onderbroek is gesteel, Batman en Robin het afgetree in Kleinmond, Spiderman het nie die voet sien kom nie en Nelson Mandela wil nie meer vlieg nie – het hy besluit om dié fakkel oor te neem.

’n Komedie waar probeer nie noodwendig die beste geweer is nie en tyd niks leer nie en as daar wenners is, moet iemand seker die loser wees!

70 min. R85 Griesselsaal 1 Apr. 16:00 2 Apr. 20:30 3 Apr. 09:00 4 Apr. 15:00

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

KKNK 2010

Leon Kruger

Leon Kruger

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Die laaste reis van Geerhardt van der Lende
  2. Marike se laaste dans
  3. Laaste brief uit Amerika
  4. Suid-Afrikaanse virusse
  5. Die Laaste Trek

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site