// jy lees ...

Kortliks

Die laaste reis van Geerhardt van der Lende

Dié musiekspel vertel die verhaal van Geerhardt van der Lende – ’n man wat na die afloop van die Tweede Wêreldoorlog naarstiglik probeer om sy ware identiteit geheim te hou. Hy vlug per boot na Amerika, maar sy verlede agtervolg hom meedoënloos. In sy soektog na anonieme verborgenheid word Geerhardt met die onnoembare gekonfronteer, net om uiteindelik met ’n skok uit te vind wie hy regtig is.

Met Jannie du Toit, André-Jacques van der Merwe, Marjorié Stoffberg, Christa Steyn (musiek).

Datums: 29 September 2009 – 10:00, 30 September 2009 – 18:00, 1 Oktober 2009 – 12:30, 2 Oktober 2009 – 10:00
Venue: Huis Eikelaan
Tydsduur: 60 min
Taal: Afrikaans
Regie: Yvonne Dippenaar en André-Jacques van der Merwe
Deur: Pieter Stoffberg en medewerkers Tom Gouws, Yvonne Dippenaar en Jannie du Toit

Aardklop 2009


Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.