Die onbeholpe djin

Ná die sukses van sy roman en rolprent Roepman skryf Jan van Tonder vir die eerste keer vir die teater – ’n klug wat vanjaar by Aardklop debuteer.

Voor die koms van die djin was Koos en Anna doodgelukkig. Nou ja, Koos was. Die swanger Anna was besig om haar lot as vrou te bekla en hardop te wens sy was eerder ’n man. As sy maar net nie op daardie oomblik besig was om die ornamentele lampie te poets nie …

Met: Neels Coetzee, Erica Wessels, Esther von Waltsleben, Ivan Zimmerman, Sophia Passerini en Deon Lotz
Regie: Paul Eilers
Vevaardiger: Delo-produksies

(Geen o/13: S/T)

Aardklop 2011

Première

Banketsaal 2 – 100 min. – R95.
4 Okt. – 17:00, 5 Okt. – 18:00, 6 Okt. – 14:00, 7 Okt. – 09:00, 8 Okt.– 11:30

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar