Kieslys

Close


*/

07 Augustus
2005
Teater
1716 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Die ongelooflike avonture van Poppie, ‘n Suid-Afrikaanse vampier in Londen

Poppie is ‘n nuwe musiekteaterproduksie wat spesiaal vir Cornel van Zyl geskep is deur die bekroonde storieverteller Hennie van Greunen. Die produksie het by die 2005 Volksblad Kunstefees in Bloemfontein geopen en is nou op pad na Aardklop.

Die storie van Poppie en Greg is emotief en gevul met donker humor en skielike patos wat in die fantasiewêreld wat Greg skep, uiting vind. Poppie het so pas graad gevang by Kovsies. Sy is gatvol vir die studente wat in die Mystic Boer rondhang want hulle het die talent om diep te praat verloor. Sy is gatvol vir Karel, wat haar bangry in sy Colt bakkie op die plaaspaaie net buite die dorp. Sy is gatvol vir haarself, want wat moet sy nou maak met ‘n BA in Filosofie en Antropologie? Sien, Poppie het ‘n geheim: sy is soveel meer as net nog ‘n bleek Bettie met ‘n BA. Saans laat voel haar slagtande so ‘n bewing en dan.Dan besluit Poppie om te waai. Soos dit in Bloem lees: Go London or go Dewetsdorp. Sy Go London. Soos derduisende ander jong Afrikaners, vind Poppie haarself in ‘n stad met geboue wat ouer is as die Eurosentriese geskiedenis van Suid-Afrika. Dis ‘n amborstige stad, met ‘n underground sisteem wat soos ‘n lintwurm deur die sagte weefsel van die grond beweeg. En Poppie word ‘n carer. Haar eerste pasient: Gregory Perkins. Hy is 32, weeg 20 kilo’s en lei aan brittle bone disease. Maar hy het geheime. En hy is ‘n sci-fi fanatikus. Dis hy wat die waarheid in Poppie raaksien en dinge raak interessant.

Die regie word waargeneem deur Pedro Kruger, alombekend as spankaptein op kykNet se gewilde Liriekeraai en vir sy uitstekende werk in juis hierdie genre, waarvan produksies soos Blougat, Lyf, Pello en Oorlog getuig. Hy word bygestaan deur Marion Holm, wat die spelleiding hanteer. Marion is bekend vir haar werk op die Casper Rasper Show en ook as die nimlike Sussie, wat tans oraloor te sien is.

Cornel het drama studeer as KOVSIE en het in 2004 uitstekende werk gedoen in die grensverskuiwende kabaret, Die Hangkas Haas. Sy is tans vryskutaktrise wat die land deurkruis met produksies.




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Teater
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Teater
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Teater
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Teater
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Teater
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Die Alternatiewe Verklarende Afrikaanse Woordeboek: komplot | Roekeloos
2018-12-09 20:26:41
[…] Roekelose Woordeboek […]...
Inskrywings is oop vir LAPA se 2019 jeugromankompetisie | Roekeloos
2018-12-05 08:59:45
[…] gewilde kompetisie het al groot name getrek, soos Fanie Viljoen (Afkop), Marita van der Vy...
Milla Jovovich naak in Purple | Roekeloos
2018-11-30 14:40:17
[…] is die tweede bekende aktrise wat vanjaar naak in ‘n Franse tydskrif verskyn. Eers w...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD