Kieslys

Close


*/

22 Februarie
2006
Teater
820 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Die Tafel

(ses sketse oor die huwelik deur Saartjie Botha, Jeanne Goosen, Henrietta Gryffenberg, Leon Kruger, Malan Steyn en Chris Vorster)

Cupid is gatvol. Hy hunker terug na die dae toe hy ‘n klein pokkelengeltjie was, doek om die lende, pyl en boog in die hand, besig om vir sterflikes ‘n smaak van onsterflikheid te gee. Maar dinge verander.

Cupid oorweeg dit om sy naam te verander na Rambo, want die liefde is ‘n oorlogsone: dis net geweld, chocolate mousse, moord, oestersop, doodslag en dorings waar jy kyk.

As illustrasie vat Cupid die gehoor op reis na ses restaurante in ses dorpe in Suid Afrika waar ses paartjies besig is om ‘n huweliksherdenking te vier. Hulle het niks in gemeen nie, behalwe dat almal se name Rigard en Sonet is.

Marion Holm en Pedro Kruger in Die Tafel

Marion Holm en Pedro Kruger in Die Tafel

In die Silver Spur in Bellville onmoet ons die belistige jong getroudes, in ‘n Franse restaurant in die noordelike voorstede van Johannesburg, die siniese paartjie wat hulle 20ste herdenking voer/vier en tussen in is daar misverstande, brandende restaurante, spanwerk, ‘n geesteservaring en ‘n arme kelner wat stil deur dit alles moet ly.

Rigard en Sonet word gespeel deur feesgunstelinge Pedro Kruger (Liriekeraai, Blougat, Lyf, Op die Vrou af, Oorlog) en Marion Holm (Die Casper Rasper Show, Sussie is nou suur, Jong Dames Dinamiet, Sussie rafel nou uit), en met die chemistry tussen dié twee gaan die vonke spat! Die rolverdeling word voltooi deur Schalk van der Merwe, ‘n opwindende jong akteur wat sy professionele buiging in Die Tafel maak.

Die 6 tonele is geskryf deur ons land se voorste toneel/komedieskrywers: Saartjie Botha, Jeanne Goosen, Henrietta Gryffenberg, Leon Kruger, Malan Steyn en Chris Vorster, en nog ‘n bekroonde skrywer, Hennie van Greunen, is verantwoordelik vir die konsep, samestelling en regie.

Die produksie het vir vol sale en staande ovasies gespeel by die Aardklopfees en nou kan jy dit van 1 – 4 Maart in Durbanville by Die Boer sien voordat die vertoning sy buiging maak by KKNK.

Die Tafel is ‘n produksie wat die gehoor gaan laat skreeu van die lag en laat bloos van die herkenning.

Met Pedro Kruger, Marion Holm, Schalk van der Merwe
Konsep, samestelling en regie: Hennie van Greunen




Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Teater
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Teater
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Teater
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Teater
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Teater
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Stroomop nou op DVD | Roekeloos
2018-11-10 08:00:33
[…] opwindende avontuurverhaal, Stroomop (Ivan Botha se regisseursdebuut) wat deur 116 999 kyk...
Oesjaar | Roekeloos
2018-11-08 08:23:33
[…] Leeuspruit (2002), Diepverlange (2007), Onderweg (2011), Ligjare (2013), Doep Is Nie Dood ...
Bloed, dunner as water | Roekeloos
2018-11-07 13:58:12
[…] word familiebande so totaal verbreek? Joernalis Charné Kemp, topverkoperskrywer van...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.