Tannie Evita Bezuidenhout het haar besluit om by die ANC aan te sluit, verduidelik nadat sy ‘n foto van die satirikus Pieter-Dirk Uys met rooi verf geskend het, het die Cape Argus Vrydag berig.
Tydens ‘n simboliese skuif om die skending van The Spear na te boots, het Bezuidenhout ‘n houer met rooi verf geneem en ‘n “X” oor die gesig van Uys, haar alter-ego, geverf.
Sy sê haar besluit om op 1 April by die ANC aan te sluit het baie mense geskok. Sy het sedertdien ‘n werk gekry in die kombuis by Luthuli-huis, die party se hoofkwartiere in Johannesburg.
Volgens die koerant het die oproer rondom die skildery van Jacob Zuma haar stomgeslaan.
Toe sy na dit kyk het sy net “’n koeksister en twee mosbolletjies” gesien.