Dolf Wolf en die drie Varkies

Spektrum Kinderteater, wie verantwoordelik is vir die populêre produksies Rooikappie en die Wolf, Sneeuwitjie en die sewe dwerge en Aspoestertjie, span weer saam om die sprokie, Dolf Wolf en die drie Varkies, op die planke te bring.

Dié klassieke sprokie, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch.

Die drie varkies besluit om hulle eie paadjie te loop en elk ook hul eie huisie te bou. Hier word hul deur slegte raad bedien en soos in die sprokie is Dolf die Wolf gou op hul spoor om te kyk of hy dalk ’n gaping kan raaksien om homself van ’n smaaklike ete te voorsien. Of Dolf se longkapasiteit op die einde genoeg gaan wees om ’n Faktotum-geïnspireerde baksteenhuisie te vernietig, en of Dolf sy middagmaal gaan kry sal gehore maar self moet kom kyk.

Die lede van die professionele akteurspan is onder andere Alex Marais, Stephanie Badenhorst en Lize-Meri Smallberger.

Dolf Wolf en die drie Varkies
Dolf Wolf en die drie Varkies

Dolf Wolf en die drie Varkies is te siene op Saterdag 21 April by Die Boer om 13h30.
Vir meer inligting of besprekings skakel 021 979 1911.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply