Roekeloos
Willie Loman kén van tussenin – dis waar hy homself sy lewe lank nog bevind. Maar in die lewe van ’n verkoopsman is daar nie veel tussen ’n Skyline en ’n Camry nie; nóg minder tussen Cheddar en rooiskilkaas.
Ná 36 jaar kyk hy terug op die langpad terwyl sy wiele
plek-plek die gravel raaktrap. Nou’s dit sy laaste “tussenin” … iewers tussen ’n brugrailing en ’n hosepipe.
Bobby Heaney, die gesoute verhoog- en TV-regisseur van onder andere die TV-reeks Erfsondes, behartig die regie en word bygestaan deur Henriëtta Gryffenberg. Heaney was voorheen die regisseur van Death of a Salesman met wyle Bill Flynn in die hoofrol, ’n produksie wat landwyd groot gehore getrek het.
Death of a Salesman is in 1949 vir die eerste keer in die VSA opgevoer en het die Pulitzerprys vir drama gewen asook die Tony-prys vir drama.
Ben Kruger speel die hoofrol in hierdie Afrikaanse weergawe.
Moontlik gemaak deur die Feestrust. ’n Aardklopinisiatief.
Teks: Arthur Miller (oorspronklik Death of a Salesman)
Vertaling: Andries Vrey
Regie: Bobby Heaney
Met Ben Kruger (as Willie), Bettie Kemp (as Linda), Louis van Niekerk, Johan Baird,
Zetske van Pletzen, Jody Abrahams en Paul du Toit.
150 min. R100 ATKV-ouditorium
5 Apr. 09:00 6 Apr. 19:30 7 Apr. 09:00 7 Apr. 14:00 8 Apr. 14:00




Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.