Doodsnikke

Vir Doodsnikke bring Janice Honeyman ’n formidabele span bloubloed-akteurs byeen om lewe te blaas in Sam Shepard se
boeiende Pulitzer-bekroonde familiedrama wat op ’n mespunt tussen humor en afgryse dartel.

Hierdie drama, wat vir die eerste keer in Afrikaans te sien is, klink gevaarlik bekend – ’n desperate familie met versteurde verhoudings probeer alles in hul vermoë om ’n ondenkbare geheim te verberg.

Met Gys de Villiers, Anna-Mart van der Merwe, Oscar Petersen, Travis Snyders, Thenjiwe Stemela en Ivan Abrahams.

Regie: Janice Honeyman.

Teks: ’n Vertaling van Buried Child deur Sam Shepard

Vertaling: Saartjie Botha

Stelontwerp: Patrick Curtis

Beligtingsontwerp: Mannie Manim

Vervaardigers: Baxter Teatersentrum in samewerking met die Absa KKNK

KKNK 2012

Afrikaans, Geen o/14

90 min. R95 Johnny Bischoff-saal, Oudtshoorn
4 April 20:00 5 April 10:00 5 April 20:00 6 April 10:00 6 April 20:00 7 April 10:00

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar