Doodsvariasies

’n Egpaar probeer sin maak van hul tienerdogter se selfmoord.

In ’n poging om iets te verstaan, konfronteer hulle hul jonger self – en word deur hul jonger self gekonfronteer. Die dogter glo sy vind bevryding in afsondering en in haar denkbeeldige vriend.

Doodsvariasies, geskryf deur die Noor Jon Fosse, is ’n poëtiese studie van ons onvermoë om ons gevoelens uit te druk. Selfs aan ons self.

Met Yvonne van den Berg, Danie van Rensburg, Jacques Bessenger en Cindy Swanepoel.
Regie: André Stolz.

Aardklop 2011

Première.

(Geen o/16)

ATKV Laerskool President Pretorius, Potchefstroom – 90 min. – R 95.
5 Okt. – 20:30, 6 Okt. – 19:00, 7 Okt. – 15:00, 8 Okt. – 19:00

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar