// jy lees ...

Teater

Dowwe Dolla 007: geskud, nie gepluk nie

Dowwe Dolla 007: geskud, nie gepluk nie
Roekeloos

Eers was daar Honey Ryder. Plenty O’Toole. Pussy Galore. En nou Dolla. Dowwe Dolla. 007.

Sy drink haar Martini geskud, nie gepluk nie, dankie.

Sy moet die wêreld red. Alweer.

Want Jurie lyk daagliks meer soos ’n robbie(s). En Julius Malema sê ma’ vi’ sy grêmma Julius wil ’n Mercedes hê.

En arme Caster praat so diep want daar’s ’n brulpadda in haar keel.

Sy hou van haar sjokolade MoShaik gepluk, nie geskud nie. Dolla sluit aan by die Departement van Oninteligensie (sy’t hard gesoek, want daar’s baie van hulle in die staatsdiens). Haar missie: om die misterieuse organisasie DOM (Diaboliese Onnosele Morone) te infiltreer waar hulle ookal skuil: in die politiek, die sportarena en die glanswêreld – Dolla se 2010 gaan besig wees. Want Dr No het uitgevind you don’t live(r) twice, Shabir gaan duidelik Die Another Day, Mike Bolhuis het sy License to Kill by die Spar gekoop en, as Amor haar kaarte reg speel, gaan sy Moerryker wees.

Dolla se bra skiet pyle, daar is plofstof in haar panty en haar lollie is vol sianied, net in geval. (Sy’t bietjie vergeet van die lollies, so sy’t reeds drie geëet. Dis goed vir die opelyf.)

Dowwe Dolla 007: die avontuur begin …

Gaan vind meer uit! Dowwe Dolla 007: license to trill!

lollie, geskud of gepluk

lollie, geskud of gepluk

Skerpskerts
Afr. Geen o/16
Teks en regie: Hennie van Greunen
Met: Margit Meyer-Rödenbeck

70 min. R80 kykNET Hoërskoolsaal
1 Apr. 18:00 2 Apr. 15:00 3 Apr. 12:30 6 Apr. 18:00 8 Apr. 09:00

KKNK 2010

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Dowwe Dolla: Stand Up
  2. Dowwe Dolla: Saal 10
  3. Dowwe Dolla: Feesflerrie!
  4. Dowwe Dolla die blonde flêrrie Bonds with Wolfgang Riebe the 00 Magician
  5. Dowwe Dolla: Die Goeie Fee(ks)

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] Dowwe Dolla (Margit Meyer-Rödenbeck) het haar lollies geruil vir wapens in Dowwe Dolla 007. [...]

    Geskryf deur Dolla verruil lollies vir wapens « Roekeloos | 12 April 2010, 08:00

Switch to our mobile site