Die wenners van vanjaar se Fiëstas is gisteraand by ’n glansgeleentheid van kykNET by die Kunstekaapteater in Kaapstad bekend gemaak. 

Dit is vanjaar die sewende jaar wat die Fiëstas aangebied is. Dié toekennings vereer die beste van

die beste op die grootste kunstefeeste in Suid-Afrika.

Vanjaar se wenners is:

Beste opkomende kunstenaar:  Faith Kinniar – ValenciaKKNK

Beste teaterontwerp:  Francois Toerien & Kosie Smit – HeidiKKNK

Lewensbydrae tot musiek:  Acáma Fick

Beste vroulike byspeler:  Nicole Holm – In OngenadeWoordfees

Beste manlike byspeler:  Dawid Minnaar – Die Huis van Bernarda AlbaKKNK

Beste prestasie in ‘n solo-vertonining:  Richard September – RooivalkWoordfees

Lewensbydrae tot musikale teater:  Alvon Collison

Beste musiekgedrewe produksie (arena):  Charl du Plessis – Big Band Boogie WoogieKKNK

Beste musiekgedrewe produksie (podium):  Hunkering na die sesSOF

Beste musiekgedrewe produksie (teater):  HeidiKKNK

Lewensbydrae as kunste-filantroop:  Ton Vosloo

Beste prestasie in klassieke musiek:  Corelli & Co. – Stefan Temmigh & Erik Dippenaar – Woordfees

Beste prestasie in visuele kuns:  Alex Hamilton – Kurator van visuele kunsprogram – Woordfees

Beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie:  Nico Scheepers – RooivalkWoordfees

Beste regie:  Marthinus Basson – Die GangstersWoordfees

Beste aktrise:  Ilse Klink – KristalvlakteSOF

Beste akteur:  Stefan Erasmus – AsWoordfees

Gewildste fees:  Innibos

Beste aanbieding:  RooivalkWoordfees

kykNET se Bloustoel-Toekenning gaan aan KKNK vir die Uitkampteater inisiatief.

Die onderskeie feeste het ook erkenning gekry en Innibos is as Gewildste Fees benoem deur ’n publieke stemproses.

Lewer kommentaar

Leave a Reply