Geklits

Net soos die klitser bestanddele uit die kombuiskas deurmekaar meng om ’n unieke dis op te lewer, word bekende, sowel as nuutgeskrewe gedigte, sketse en musiek in hierdie kabaret keurig saam vermeng om ’n liplekker verhoogstuk op te dien. Vat nou ’n gedugte span aktrises, ’n formidabele pianis en jare lange vriendskapsbande en siedaar ’n wenresep!

Vroue, hul voorliefde vir kos en mans (in geen spesifieke volgorde), sowel as fases van die lewe, hetsy ’n hoërskool crush of die nuutste maermaak kuur – word in hierdie komiese dog sentimentele kabaret herroep. Die manne kan gerus ook naderstaan – netnou mis julle uit! Alhoewel hierdie produksie die afgelope dekade by verskeie feeste en teaters landwyd draai gegooi het (Aardklop en Aartappelfees – om net ’n paar te noem), is dit tans in ’n splinternuwe baadjie te sien by die Ou Meulteater in die Paarl.

Kaartjies kos R110,00. Kontak Vicky by 083 564 00 56 / vstemmet@gmail.com vir meer besonderhede.

Met: Stephanie Hough en Sophia Passerini
Klavier: Jo-Marie van Deventer
Tegniese versorging: Gaerin Hauptfleisch
Produksiehuis: Murg & Been Produksies

Stephanie Hough en Sophia Passerini
Stephanie Hough en Sophia Passerini

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar