// jy lees ...

Teater

Hotel Hel

‘n Suinige veramerikaansde Boerseun beland teen sy sin in ‘n hotel waar hy hom vasloop teen ‘n portier wat “enigiets” sal doen vir sy fooitjie …

Toe Karel Koekemoer Suid-Afrika ‘n jaar gelede verlaat het, het hy gesweer dat hy nooit ooit weer gaan terugkom nie. Wanneer sy vlug na Doebai op die vooraand van die 2010 Wêreldbekersokker na OR Tambo moet uitwyk, word hy met die komplimente van American Airways – yes we can, and yes we did – noodgedwonge in Hotel Hamba Gahle ingeprop. Die enigste leë gaatjie in die ganse Suid-Afrika. Dit is waar hy vir Goodness, Gracious en Mister Me ontmoet en voor jy kan sê “Boertjie strip sy moertjie” breek alle hel los in dié hotel met sy vier-en-’n-driekwart sterre.

Ondersteun deur Het Jan Marais Nationale Fonds.
Première.
Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Met Samson Khumalo en Wynand van Vollenstee (Karate Kallie).

Aardklop 2009

Datums: 29 September 2009 – 17:30
30 September 2009 – 10:30
1 Oktober 2009 – 17:30
2 Oktober 2009 – 16:00
3 Oktober 2009 – 17:30
Venue: kykNET Gimmies, Potchefstroom
Tydsduur: 40 min
Taal: Afrikaans/Veeltalig
Genre: Komedie
Regie: Hélène Truter
Deur: Henriëtta Gryffenberg
Prys: R70

Hotel Hell

Hotel Hell

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. ‘n Vuur gevang in glas
  2. Oud, nuut en blou
  3. Blondes, Tchaikovsky & Queen
  4. Adam September en die Nazi-skat
  5. ABSA beloon uitnemendheid by Aardklop 2007

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

Kommentaar is gesluit.

Switch to our mobile site