AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Kissed by BrelDie hoogaangeskrewe Kissed by Brel is vir 'n laaste maal tydens die Oude Libertas Somerseisoen op die planke. Jacques Brel se liedere met hulle romantiese liriese karakter het byna 30 jaar na sy dood steeds nie hul trefkrag verloor nie. Kissed by Brel is 'n toneelkabaret wat Brel se tydlose relevansie en blywende passie vier in 'n diverse mengsel van musikale style en baie emosie. Temas van liefde, oorlog, avontuur, onvervulde drome, jeugdigheid, ouderdom en die dood word ondersoek. Vir Brel is die lewe egter nie net tragies en kompleks nie, sy gesonde sin vir humor bring balans en toeganklikheid na sy werk. Met opvallend eenvoudige lirieke, slaag hy daarin om die ironiese en die duistere te vergestalt.
Geoffrey Hyland is die regisseur en die kostuums is deur Dicky Longhurst. Sangeres Claire Watling en pianis Godfrey Johnson bring in hierdie huldeblyk aan Brel 'n vars en kontemporêre perspektief. Besprekings by Computicket of die Oude Libertas Kaartjiekantoor by 021 809 7473 of 021 809 7380. |