KKNK 2013 Telbord

(EINDTELLING!)

Die KKNK Telbord, waar jy uitvind hoe die man op straat en kritici voel oor die aanbiedinge en kunstenaars by die 2013 Klein-Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn.

Roekeloos.co.za se “web scrapers” probeer* elke Facebook-inskrywing, twiet en artikel te lees wat uit Oudtshoorn en omgewing kom.

Die telbord word saamgestel op grond van feesgangers se kommentaar op Facebook, Twitter, Google+ en resensies in die media. Die getalle op hierdie bladsy word van tyd tot tyd aangepas.

Net die gewildste 10 in elke afdeling word gelys.

Jy kan ook twiets, Facebook-inskrywings, foto’s, video’s en berigte vanaf die fees volg.

KKNK Telbord

Posisie Gewildste Teaterproduksies Gewildste Musiekproduksies Gewildste Kuns Gewildste Musikante
1. Droom Dorothy / 60 Jaar “…when you feeling like a lady.” – Robert Hamblin Karen Zoid
2. Balbesit Dreams Silence is golden – Stephen Rosin Wicus van der Merwe
3. The Three Little Pigs Bravisimo! The South African Sopranos Streeksbiblioteek – Olaf Bisschoff Albert Frost
4. Trippie Checkityt@Route62 Pauline Gutter Willem Botha
5. Oskar en die pienk tannie Karin Kortje! Die hele storie … No country for old women (Diane Victor) Bobby van Jaarsveld
6. Die monster in die gang Magdalene! Vergete Verledes – Cobus van Bosch Karlien van Jaarsveld
7. Lag jou g*t af Trots Afrikaans Siya Mdoda Louis Loock
8. Vagina Dentata Karen Zoid – Under the covers Hennie Meyer Chris Chameleon
9. Die Leo‘s Die hart is ‘n eensame jagter – herontmoet Johannes Kerkorrel Tom Cullberg Nicholis Louw
10. Platform 9 Steve Hofmeyr – 25 Jaar se bestes Amper Almal (Alex Hamilton) Elizma Theron

Posisie Gewildste Akteurs Gewildste Aktrises
1. Christo Davids Sandra Prinsloo
2. Hennie Jacobs Margit Meyer-Rödenbeck
3. Albert Pretorius Cintaine Schutte
4. Theodore Jantjies Nicola Hanekom
5. Emo Adams Crystal Donna Roberts
6. Wessel Pretorius Lizz Meiring
7. Terence Bridgett Flooze Sorina
8. Wayne McKay Antoinette Kellermann
9. Rob van Vuuren Elana Afrika
10. De Klerk Oelofsen Greta Pietersen

 


KKNK TV

 

Hoe word dit gedoen?
1. Twitter en Suid-Afrikaanse publikasies word ge-scrape en alle data wat moontlik verband hou met die fees word getabuleer. Die Facebook API word ingespan om inligting op Facebook in te samel. Google+ word met die hand nagegaan – soek nog ‘n manier om die inligting outomaties te versamel.
2. Die data word vergelyk met die lys van produksies en kunstenaars soos dit verskyn in die feesprogram om te bepaal oor wie en wat gepraat word.
3. Die resultate word met die hand nagegaan en enige advertensies word verwyder.
4. Die oorblywende resultate word gebruik om die individuele tellings vir elke produksie en kunstenaar by te werk.
5. In gevalle waar produksies ‘n gelyke telling kry word die een wat eerste die telling behaal het eerste gelys.
6. Die dansteater, woordkuns, en lesings en gesprekke word onder die toneel getel.

(* Twitter beperk die aantal navrae wat Roekeloos se program op een slag kan rig. Tydens die gestoei met Twitter glip daar beslis hier en daar ‘n twiet deur en kan Roekeloos nie aanspraak maak dat elke twiet definitief gelees word nie.)

Lewer kommentaar

Leave a Reply