Roekeloos,
17 Maart.
Drie Europeërs bevind hulle op ’n afgesonderde konstruksieterrein iewers in Afrika.
Hans (Dawid Minnaar) is die lewensmoeë baas wat die tyd verwyl deur te drink en kaart te speel. Hy weet dat Kallie (Albert Pretorius), wat tweede in bevel is, die lyk van ’n swart werker weggesteek het na hy onder verdagte omstandighede dood is. Boonop het Liliana (Tinarie Van Wyk Loots), Hans se Europese verloofde, pas gearriveer.
Wanneer die oorledene se broer opdaag en sy liggaam opeis, bou die spanning vinnig op soos almal, die gehoor inkluis, wag op die onafwendbare tragedie.
* Debuut *
Met: Dawid Minnaar, Albert Pretorius, Tinarie van Wyk Loots en Owen Manamela-Mogane
Teks: Bernard-Marie Koltès
Vertaling: Tertius Kapp
Vervaardiger en regie: Jaco Bouwer
Klankontwerp: Pierre-Henri Wicomb
Genre: Drama
Taal: Afrikaans & English
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Tydsduur: 100 minute
Kaartjies: R 110
Plek: Johnny Bisschoff-saal, Oudtshoorn
Datum: 4 April: 20:00; 5 April: 09:00 en 20:00; 6 April: 09:00; 7 April: 09:00; 8 April: 20:00; 9 April: 10:00
Lewer kommentaar