Roekeloos,
10 April.
Levinia is ’n dollatjie wat al vir meer as 50 jaar bekoor.
Daar is min teaterstyle wat kinders én volwassenes spontaan vermaak soos ’n pantomime. Blommeland se manewales gaan jou nog laat runnik … o, Griet! Ek bedoel grinnik.
Hannes van Wyk se koning Rosebravo (’skuus… krans) sal jou hartkloppings gee en Zanne Stapelberg, à la Koninginby, se hoë C sal die stalaktiete in die Kangogrotte laat spat.
Dié produksie is ter verering van Verna Vels, die wenner van die Afrikaans Onbeperk-prys vir Lewensbydrae.
* Debuut *
Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Chris van Niekerk, Loukmaan Adams, Hannes van Wyk, Zanne Stapelberg, De Klerk Oelofse, Crystal-Donna Roberts, Emile Minnie en Luca Human
Musiek: Emile Minnie
Teks: Francois Toerien en Margit Meyer-Rödenbeck, gegrond op Verna Vels se verhale
Regie: Lizz Meiring
Choreografie: Loukmaan Adams
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Kostuums: Rouve Hattingh en Susanne Strydom
Stel: Gerrit Snyman
Beligtingsontwerp: Pieter-Jan Kapp
Genre: Pantomime
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R100 (volwassenes); R75 (kinders)
Plek: Absa Burgersentrum, Oudtshoorn
Datum: tot 11 April: 09:30