Dis die oggend van Judy se troue. Dinge is in rep en roer om alles in gereedheid te bring. En dan slaan die klug toe.
Terwyl Judy en haar ma gereed is om kerk toe te vertrek, kry haar pa, die uitvoerende hoof van ’n advertensiemaatskappy, ’n hou teen die kop en dan begin die poppe letterlik dans.
Polly, ’n pragtige cut-out meisie van een van sy advertensieveldtogte, kry lewe. Voeg daarby ’n seniele ouma, ’n moeilike oupa, ’n verdwaalde skoonpa en ’n deur of drie en jy beskik oor al die
lekkerlag-elemente van nog ’n histeriese Lefra-klug.
Splinternuut en vir die eerste keer word hierdie West-End treffer in Suid-Afrika opgevoer in Afrikaans.
* DEBUUT *
MET Ben Kruger, Marga van Rooy, Cindy Swanepoel en ander
REGIE Frans Swart
TEKS Ray Cooney en John Chapman
VERTALING EN VERWERKING Frans Swart
OORSPRONKLIKE WERK There Goes the Bride!
STELONTWERP Shaun van Eck en Hugo Hewitt
BELIGTINGSONTWERP EN VERHOOGBESTUURDER Gustav van Rooyen
KOSTUUMONTWERP EN PRODUKSIEBESTUURDER Charl Senekal
VERVAARDIGER Lefra Produksies
Genre: Klug
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 2 uur 15 minute
Kaartjies: R150
Plek: Johnny Bisschoff-saal, Oudtshoorn
Datum: 24 MAART 19:00 | 25 MAART 09:00 | 26 MAART 19:00 27 MAART 09:00 | 28 MAART 09:00 | 29 MAART 14:00 | 30 MAART 09:00
Daa’ Gaat die Bruid!,
Roekeloos,
19 Maart 2016.
Lewer kommentaar