Die gevierde aktrises, Wilna Snyman en Antoinette Kellermann, is saam te sien as bejaarde vroue in ‘n ouetehuis, wat hulle tyd verwyl in bitter en bitsige kompetisie.
Maar bowenal probeer hulle die spoke van hul verlede verdryf.
Julienne is as jong dogter verkrag en moes as kind ‘n kind baar. Die welgestelde Albertine se verbysterende opgang is weer te danke aan haar vader se betrokkenheid by ‘n politieke skandaal.
Die jong Vlaamse dramaturg, Laurens de Vos ontgin hoe hierdie twee lewens mekaar kruis onder die dreigende aanslag van die verlies aan geheue.
Debuut
Drama
Afr. OB Gesin
Teks: Laurens de Vos
Vervaardiger: Hugo Theart/TEATERteater
Regie en ontwerp: Marthinus Basson
Met Wilna Snyman, Antoinette Kellermann en Nicole Holm
Aangebied deur TEATER/teater
90 min. R95
Laerskool Van Reedesaal
6 April 13:00 7 April 15:30
8 April 18:00 9 April 17:00
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar