AFDELINGS
Boeke
Dagboek
Flieks
Forums
Foto's
Gedigte
Gesondheid
Grappe
Motor
Musiek
Sêgoed
Seks
Teater
Trivia
Verhale
Wenke
DIENSTE
Advertensies
Eensames
Woordeboek
|
Dagboek Kunstefeeste Musiekdagboek Teaterdagboek Kwessie van BalansDit is 10 jaar vandat Pedro se treffer vertoning, Blougat, gehore by die KKNK verstom het. Van toe af lees sy CV soos 'n lys van die mees populêre vertonings wat die afgelope paar jaar op die feeskringloop te sien was: Lyf, Die Laaste Aand, Anna se Engel, Pello, Op die vrou af, Festen, Die Tafel, Die vrou wat haar man gekook het en andere het gesorg dat Pedro se talente as musikant, komponis, akteur en sanger tot volle benut word. Maar die een show wat heel moontlik al die langste gespeel het en wat só onder die radar beweeg dat daar nooit nodig was om advertensie voor te maak nie, is Kwessie van Balans. Dié vertoning word al sedert 2002 regdeur die land gesien en, as gevolg van die inhoud daarvan (dis 'n samestelling van Pedro se gunsteling liedjies en sketse), verander dit deurentyd soos Pedro se gunstelinge verander. Die songs kom uit Blougat, Lyf, Die Laaste Aand, Op die vrou af en Pello en die sketse het hul oorsprong by net so 'n wye verskeidenheid van Pedro se shows. Die vertoning bevat die perfekte balans van humor en patos en ons ontmoet verskeie mense wat 'n groot impak op Pedro se lewe en kunstenaarskap gehad het. Die teks en liriek is die werk van bekroonde skrywer/regisseur/vervaardiger Hennie van Greunen. So kom ontmoet die getroude paartjie wat by die restaurant sit en heel aand nie 'n woord praat nie, Oupa wat nog so belustig is, Breyten se woorde, die vet skooljuffrou met 'n passie vir tap dance, die polisieman-pa en die ma wat ook 'n reisagent vir guilt trips is.
Kwessie van Balans is 'n reis wat nie een teaterganger ongeraak sal laat nie. Pedro tree vir oulaas met hierdie vertoning op by Die Boer teater-restaurant in Durbanville op Saterdag, 26 Julie 2008. Moet dit nie misloop nie! Bespreek by 021 979 1911. |